Opvolg – Watersabotasie in Railton: Waterdienste ten volle herstel

SWELLENDAM, RAILTON – in opvolg van die watersabotasie en besmetting van een van Railton se waterreservoirs (sien aanvullende berig onder):

Anton Groenewald, Swellendam Munisipale Bestuurder, het so pas aangekondig dat hy bevestiging ontvang het van die verskillende departemente wat verantwoordelik is vir die instandhouding van munisipale waterdienste dat waterdienste in Railton ten volle herstel is.

Die Bulletin sal ons lesers op hoogte hou indien daar enige verdere verwikkelinge is rondom die opspoor, arrestasies of vervolg van die betrokke kriminele.

SWELLENDAM, RAILTON; 15 Mei 2019 

Na ‘n gewone inspeksie van die toestand van die water reservoir in Railton op Woensdag, 15 Mei 2019, is daar bevind dat die betondeksel doelbewus gebreek is en dat volwassenes (saboteurs / vandale) in die reservoir ontlas het.

Die Munisipale Bestuur en Raad sien hierdie daad as doelbewuste sabotasie.  ‘n Media kennisgewing, uitgereik deur die Uitvoerende Burgemeester, Nicholas Myburg, en Munisiapel Bestuurder, Anton Groenewald, verduidelik: “Hierdie omstandighede is buite ons beheer en vra ons almal se geduld en begrip met die situasie.”  

Tans is daar net een reservoir in Railton in gebruik wat die water kapasiteit beperk.  ‘n Ernstige, dog dringende beroep, word tot inwoners gerig om die water vir die volgende 48 uur uiters spaarsamig te gebruik.

 ‘n Beloning van R25 000 word aangebied vir die persoon wat navore kom met enige waardevolle inligting om die vandale te kan identifiseer vir geregtelike optrede.  – Bianca McKechnie, Woordvoerder: Swellendam Munisipaliteit

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *