Aandveilings by Kleinplasie (Worcester)

WORCESTER Onlangs het Blackie Swart van Kleinplasie sy kursus as afslaer met groot sukses voltooi (88%). Voortaan sal hy aandveilings op Kleinplasie aanbied as volwaardig geakkrediteerde veilings. Kleinplasie gaan ook Blackie se dienste aanbied om by skole, kerke en ander verdienstelike organisasies op te tree met veilings vir fondsinsameling. In hierdie verband kan Blackie direk geskakel word by 084- 533 1 733. Hierdie diens van hom sal Kleinplasie se terug ploeg — bydrae in die gemeenskap wees.

Die konsep van Aandveilings is nog nie so welbekend in die Wes-Kaap nie, maar bied geleentheid vir die gemeenskap om kennis te maak met die werking van veilings.  Daar word ‘n platvorm ook vir die publiek geskep waarop hulle eie items te koop kan aanbied in ‘n markomgewing. Mense uit die gemeenskap is welkom om direk met Blackie te skakel, sou hulle items op Kleinplasie se Aandveilings wil aanbied.

Hierdie veilings sal voortaan onder die naam “Kleinplasie A-Z Auctions & Sales” aangebied word. Die Aandveilings word so ingerig dat ‘n gesellige atmosfeer vir die hele gesin geskep word. Daar sal ook genoeg te ete en te drinke by die veilings aangebied word.

Navrae: Blackie of Yolanda by 021 -8631803

Blacky Swart, Kleinplasie Afslaer

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *