Hierdie week stop ons saam met die res van Swellendam en die Overberg distrik baie breë bors met die nuus dat die Overberg Distriksmunisipaliteit en Swellendam Munisipaliteit albei skoon oudit verslae ontvang het – vir die 4de jaar in ‘n ry!
Lees meer, en ook ander nuusbrokkies in ons kontrei – Langeberg Bulletin, Uitgawe 13/19

As jy nog nie jou uitgawe gekry het nie, gou speel! Die Bulletin is al plek-plek uitverkoop 🙂

Read more

Plaaslike Raadslid (Wyk 2 – Barrydale) afgedank na dissiplinêre proses

BARRYDALE – Wes-Kaap MEC vir plaaslike regering, MEC Anton Bredell, het op 6 Mei 2019 Raadsheer John Nortjé afgedank. Wyk twee (Barrydale) is dus tans vakant en dit is aan die Onafhanklike Verkiesingskomitee (OVK) gerapporteer vir kennisname. Die tussenverkiesingsdatum sal binne 90 dae van die aankondiging moet plaasvind en die OVK sal die datum aankondig.

Read more

SAPD MORATORIUM OP MISDAAD VERSLAGGEWING

SAPD Swellendam, in die Wes-Kaap en ook landswyd het ‘n algehele moratorium geplaas op misdaadverslaggewing en -statistieke. Die Langeberg Bulletin vra u hulp – met geen daadwerklike misdaadverslae vir ons distrik nie, laat dit die wanvoorstelling dat misdaad in die Swellendam area onder beheer is, of selfs dat geen misdaad in ons gemeenskappe plaasvind nie.

Read more

Swellendam se boodskap is blou!

Met 68.7% (3% meer as die vorige verkiesing in 2014) van Swellendam se geregistreerde kiesers wat gestem het, is die oorweldigende boodskap dat Swellendam en omgewing die blou DA vlag ondersteun.
Sien video van Stemdag in Swellendam – Die Swellendam Distrik 2019 verkiesing in volkleur (met onderskeie stemlokale se uitslae).

Read more

SAUVIGNON BLANC SA IS DIE NUWE AMBASSADEUR VIR ‘N WÊRELDWYE GUNSTELING

Suid-Afrika se segsgroep vir Sauvignon Blanc – een van die land se mees aangeplante druifvariëteite – het ’n transformasie ondergaan, wat stukrag gee aan sy internasionale sukses. Die voormalige Sauvignon Blanc Belangegroep (SBBG), kondig nie net sy nuwe naam as Sauvignon Blanc Suid-Afrika aan nie, maar gebruik ook die viering van Internasionale Sauvignon Blanc Dag (3 Mei) om ’n hele gros veranderinge teweeg te bring.

Vrydag 3 Mei is International Sauvignon Blanc Day – volg dievolgende hutshekkies: #SauvBlancDay of #SauvignonBlancDay.

Twitter handvatsel @SauvignonSA en Facebook / Instagram @sauvignonblancsa.

Read more