DA munisipaliteite wil sonder Eskom klaarkom

maroelamedia.co.za/ Africa News Agency

Eskom krisis Die DA het Dinsdag gesê hy wil dat munisipaliteite waar dié party aan bewind is aansoek doen dat dié munisipaliteite eerder hul elektrisiteit van onafhanklike elektrisiteitverskaffers kry as om op Eskom hoef staat te maak.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het gesê DA-burgemeesters sal ʼn versoek in ooreenstemming met artikel 34 van die Elektrisiteitsreguleringswet aan Jeff Radebe, minister van energie, rig om elektrisiteit direk van onafhanklike kragprodusente te bekom. Volgens Maimane sal dit die munisipaliteite wat deur die DA beheer word in staat stel om Eskom te omseil en sodoende stabiele kragvoorsiening aan inwoners te verseker, terwyl Eskom voort spartel om die ligte aan te hou.

“Artikel 34 van die wet laat die minister van energie toe om toestemming aan munisipaliteite te gee om ʼn tenderprosedure wat regverdig, gelyk, deursigtig, kompeterend en koste-effektief is met die private sektor aan te gaan om nuwe opwekkingskapasiteit te bekom,” sê Maimane.

“Die direkte lisensiëringsooreenkoms met private kragprodusente moet in konsultasie met en gefasiliteer deur die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) gedoen word.” Hy het gesê die feit dat Eskom dié week beurtkrag gestaak het, beteken nie die kragvoorsiener se probleme is op ʼn einde nie.

“Ek wil Suid-Afrikaners aanmoedig om nie om die bos gelei te word deur hierdie tydelike, korttermyn verligting van kragonderbrekings nie. Dit is beslis nie ʼn teken dat alles nou goed gaan en dat die strukturele probleme opgelos is nie,” het hy gesê

“Die ANC het bewys hy sal enigiets doen om die ligte aan te hou voor die verkiesing, selfs al lei dit tot die ineenstorting van Eskom – in terme van nansies en ook van infrastruktuur. Die ANC-regering het besluit om miljarde rande se diesel te verbrand in ʼn desperate poging om vir die oomblik die ligte aan te hou omdat die verkiesing om die draai is.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *