Die Bulletinspan

Die Langeberg Bulletin Mediagroep

Swellendam. Ons distrik. Ons dorp. Ons nuus.

Die Langeberg Bulletin Groep bied ‘n uitgebreide mandjie van media dienste:

  • Die Langeberg Bulletin Aanlyn – Die Langeberg Bulletin Aanlyn is ‘n nuusblad vir Swellendam en omgewing, verbind tot die verspreiding van feitelike en geloofwaardige nuus en beriggewing.
  • Die Langeberg Bulletin (drukweergawe) – ‘n weeklikse gemeenskapskoerant vir die Swellendamdistrik (Swellendam dorp, Railton, Buffeljagsrivier, Suurbraak en Barrydale), en gee aan die plaaslike gemeenskap ‘n stem en platvorm om sake van gemeenskapsbeang aan te raak. Die Bulletin is ‘n weeklikse publikasie en alreeds in sy 18de jaar van uitgawe. Die Bulletin is in ‘n A4 formaat, gedeeltelik in kleur, met nuus en taalbeleid wat die demografie van die distrik weerspieël (80% afrikaans, 20% engels), met ‘n formele en gevestigde verspreidingsnetwerk waar ongeveer 3 400 eksemplare per maand verkoop word in die wyer Swellendam munisipaliteitsarea.
  • Die Swellendam Snuffels – is ingeskakel in die Bulletin drukweergawe in die vorm van ‘n geklassifiseerde advertensiekolom.
  • Die ‘Print and Stationary Shop @Bulletin’ – is ‘n druk en produksie-afdeling, met die kapasiteit om dokumente, boekies, pamflette en plakkate te druk, vou en sny, wit op swart en volkleur, in papier of kartonmediums, groottes A5, A4 en A3. Die ‘Printshop’ spesialiseer in enkel drukbestellings, sowel as grootmaatbestellings.
  • Die Bulletin Ontwerperseenheid spesialiseer in die ontwerp en uitleg van publikasies, nuusbriewe, besigheidspmaflette, besigheidskaartjies en ander bemarkingsmateriaal.

Die Langeberg Bulletin span

Die Langeberg Bulletin bestaan uit ‘n klein kerngroepie, wat passievol is oor dienslewering en diens aan die Swellendam gemeenskap. Die bekwame en ervare span besit uitgebreide vaardighede, elk volgens hul onderskeie diensareas.

  • Elana TheunissenRedaksie.  Elana se kommunikasieloopbaan strek oor 20 jaar in ondermeer binne NPO, semi-staat en toerisme gebiede. Elana het ‘n passie vir alle vlakke van kommunikasieprosesse.
  • Etritia JordaanGrafiese ontwerp en uitleg.  Etritia is ‘n kundige op die gebied van grafiese ontwerp en toor behoorlik met ontwerpersprogrammatuur en elemente. Haar loopbaan strek oor 5-jaar+ as grafiese ontwerper vir verskeie media huise. Etritia is voorts ‘n vryskut, kunstige fotograaf.
  • Tom TheunissenProjekbestuurder, bemarking en advertensie.  Tom is ‘n gekwalifiseerde eiendomsagent, met grondige bemarking en verkope-ondervinding. Hy is voorts ook ‘n gekwalifiseerde produksie bestuurder met vaardighede wat van onskatbare waarde is om te verseker drukwerkprojekte en opdragte is van hoë gehalte en word gelewer op tyd en per spesifikasie. Tom het ‘n uitgebreide kennis van sosiale media en webprosesse, wat soekenjon-optimisasie en aanlyn bemarking insluit.
  • Hannetjie WaitAdministrasie en Rekeninge.  Hannetjie is ‘n afgetrede bankbeampte, en is noukeurig met die bestuur van kliënte rekeninge en administrasie-aangeleenthede. Enige projekrekening is in goeie hande onder Hannetjie se waaksame oog