Die Republiek het Ritme!

SWELLENDAM – Tieners het natuurlike ritme, hetsy hul in Kaapstad, London, New York, Australië of selfs Swellendam woon.

THE RHYTHM IS GONNA GET YOU..

Daar is ‘n nuwe en baie opwindende inisiatief in Swellendam – Republic Rhythm. Hierdie inisiatief is gebore uit die behoefte wat bestaan om tieners in die Overberg wat musikale talent het, toegang tot fondse te gee om hul talente verder te ontwikkel. Hoewel daar baie ondersteuning en geleenthede is vir tieners van die Overberg wat in sport of akademie presteer, is daar nie volop geleenthede en hulpbronne vir ons jong kunstenaars nie.

Republic Rhythm, jeuggroep in Swellendam en die Overberg, reël geleenthede en byeenkomste waar tieners en jeuggroepe lekkker sosiaal kan verkeer, ‘n lekker tyd kan hê, ‘chill’ en lekker lag buite skool en studietye. Republic Rhythm het egter ook ‘n meer ernstige sy – alle wins wat gemaak word by hul byeenkomste en funksies word in ‘n fonds geplaas wat uitbetaal aan potensiële musikale- en kunstalente.

MATT CARSTENS ON STAGE!

Republic Rhythm skop hul bedrywighede af met ‘n fantastiese optrede by Swellendam Hoërskool op 26 Julie – en ‘n ongelooflike kans vir tieners van die Republiek om Matt Carstens van nader te leer ken!

Matt Carstens is ‘n nuwe opkomende sanger met ‘n vars, unieke pop-inslag, en beloof om harte te steel en baie plaaslike bewonderaars by te kry tydens sy optredes die komende naweek.

Matt het in 2018 sy eerste internasionale toer gedoen in Brittanje as deel van die “Coffee House Sessions” 2-weke projek, en tydens die toer het hierdie trotse popkunstenaar van Suid-Afrika ook solo by 20 universiteite regoor Engeland gespeel. Twee van sy oorspronklike liedjies het dit in die top 5 van die ‘Coffee House Sessions Chart‘ gemaak, en sy enkelsnit, ‘Somebody Else‘ was gekies as snit van die week op Manchester Student Radio.

MATT CARSTENS FEAT FRANCOIS VAN COKE

In ‘n enkelsnit het hy hande gevat met die baie gewilde Francois van Coke. ‘Broken Society‘ is goed ontvang op beide nasionale- en studente radiostasies, en word gereeld gehoor op RSG, Jakaranda FM, Groot FM, Smile FM, Bok Radio, PUK FM, Mix FM en MFM om maar ‘n paar te noem.
Matt het al opgetree saam met groot en bekende name – Majozi, Spoegwolf en Die Heuwels Fantasties.

Nog nie ‘n ‘fan’ nie? Luister en kyk gerus na Matt Cartens en Francois van Coke – ‘Broken Society (2017) …

Moenie Matt Carstens se optredes hierdie naweek misloop nie! Hy tree Vrydagaand om 18:00 op vir tieners by Swellendam Hoërskool – bring ‘n kombers om op te sit, pak ‘n piekniekmandjie, nooi al jou vriende en bring sakke vol entoesiasme! Kaartjies beloop R50 elk.  Gaan loer gerus na die Bulletin se faceboekblad – ons gee kaartjies weg vir 8 gelukkige jongelinge!

Matt is ook Saterdagaand in ‘n ongelooflike akoestiese optrede te siene by The Republic of Swellendam Restaurant in Swellengrebelstraat. Sy vertoning begin om 18:00. Kaartjies beloop R80 vir die vertoning, of R180 vir sy optrede, pizza en ‘craft’ bier. Kontak Janus Kotze op 060 607 0166 of epos info@republicofswellendam.co.za .

Republic Rhythm is a Non-Profit events initiative launched by Republic of Swellendam Restaurant and driven by Republic Rebel teenagers. The Republic Rhythm’s aim is to raise funds for Republic artist to create a platform to get the Rhythm beating! Republic Rhythm is the NPO arm of the company Republic of Swellendam (Pty) Ltd. Contact Ice Carstens, ICE Carstens Publicity – info@icecarstens.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *