Hierdie week in die Bulletin

  • Misdaad en kriminele aktiwiteite ontsier weereens ons voorblad –
    • Ons is saam met die Overbergstreek geskok en ten afksu geruk oor die sinnelose egpaar op ‘n plaas buite Bonnievale waartydens Loot Wessels op ‘n grusame wyse vermoor en sy vrou erg gemartel is.
    • Ons vertel ook van die gevaar wat wat vir alle trokdrywers op die N1 buite De Doorns. Sondag is ‘n vragmotorbestuurder dood toe sy trok met klippe bestook is. Die vrag is binne 45 minute gestroop.
    • Diensoptogte gaan voort. Die week het begin met optogte by Grabouw en Villersdorp. Die Bulletin vra: “Hoe het ons daaglikse lewe verander na die 2019 Nasionale verkiesing?” Politieke partye moet dringend skouer aan die wiel sit en ‘n erns maak van misdaad.
    • Op die tuisfront het vandale en kriminele elemente Railton se waterreservior besoedel met ontlasting. Swellendam Munisipaliteit het ‘n beloning van R25 000 uitgeloof vir inlilgting wat kan lei na arrestasies.
  • ‘n Plaaslike ANC Raadslid van Barrydale is afgedank na ‘n dissiplinêre proses en ‘n tussenverkiesing vind eersdaags plaas in Wyk 2.
  • Die Langeberg Bulletin vra die gemeenskap om inligting deur te gee oor misdaadvoorvalle in ons distrik.
  • ‘n Jong kunstenaar van Suurbraak maak vir homself naam by uitstallings in Kaapstad en later vanjaar ook in Brittanje.
  • BVSA Swellendam gee raad oor boedelberredding.
  • Mardouw Olive Estate wen goud in New York.
  • Lekker skole- en klub sportnuus!
  • Vriende van die Drostdy Museum vertel oor interessante aktiwiteite wat beplan word. Skaaplootjies teen R25..!
  • Smarties se verjaarsdaghoekie. Spoonie gee sy mening. ‘n Skrywe uit die hart deur Marine Bresler.
  • Lekker lees koerant heirdie week – kry jou vandag nog!
http://bulletin24.co.za/kontak-ons/

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *