– Eskom antwoord – Kernafval lek drie keer by Koeberg

Die volgende regstelling / mediaverklaring is deurgestuur van Eskom, in antwoord op die artikel van Jan Jan Joubert (Maroela media), en ‘n inligtingsvideo van ‘n sekere mnr Petzer – sien onder – :

Artikel en foto : Jan Jan Joubert, Maroelamedia
(28 Maart 2019)

KAAPSTAD- Kernafval het drie keer die afgelope vyf jaar by die Koebergkragsentrale buite Melkbosstrand naby Kaapstad in die omgewing beland weens gebrekkige instandhouding en veiligheidsoptrede asook foute deur amptenare by Koeberg.

Die inligting – wat tot dusver van die publiek weerhou is – het aan die lig gekom toe die minister van energie, Jeff Radebe, ʼn skriftelike parlementêre vraag oor die kwessie beantwoord het. Die vraag is gestel deur dr. Corne Mulder, VF Plus-LP, wat terloops in Melkbosstrand woon, digby die kernkragsentrale wat so lek.

Volgens Radebe was daar drie lekkasies van radioaktiewe stof by Koeberg sedert die begin van 2014. Dit het plaasgevind in Mei 2014, Oktober 2015 en November 2015. Hoewel Koeberg dit elke keer by die Nasionale Kernkragreguleerder aangemeld het, is die publiek nie ingelig nie. Volgens Radebe is mense nie ingelig nie, want die vlakke van radioaktiwiteit wat vrygestel is, was te laag om so ʼn aankondiging te regverdig. Die minister het geen inligting verskaf oor wat skeefgeloop het, asook geen aanduiding gegee of enigiemand dissiplinêr verantwoordelik gehou of afgedank is nie. Hy het ook nie besonderhede verskaf van die presiese omvang van die radioaktiwiteit wat vrygestel is nie.

Radebe het wel aangekondig watter stappe gedoen is om ʼn herhaling te voorkom. Eerstens is toerusting wat klaarblyklik wanfunksioneel was dadelik herstel én die funksionering van Koeberg se stelsels is verbeter. Volgens hom was die probleem by die ventileringstelsel. Die stelsel waarvolgens ventilatorltertoetse gedoen word, is onder meer verbeter.

Tweedens is Koeberg se watertoevoer wat die aanleg moet afkoel, opgegradeer. Laastens is nuwe en strenger regulasies ingestel oor die presiese optrede wanneer enige eenhede by Koeberg onklaar raak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *