Kloskant-kuns herleef in Swellendam

Swellendam Aktueel – Begeesterde dames op Swellendam het die fyn kuns van kloskant weer laat herleef, en die maak van kloskant is besig om `n al groter wordende vuurtjie onder belangstellendes te stook.

Dorstdy Museum laat klos-kant kuns weer herleef
Die kuns van kloskant-weef nou te sien by Drostdy Musueam

Die vier dames, Dalene Lemmer, Geertje Hoving, Yulunda  Horne en Rina Coetzee, is deur die Vriende van die Museum genader om die kuns van kloskant te demonstreer en hul kom elke twee weke in die sitkamer van die Drostdy bymekaar om kloskant te maak.  Die groepie se kantmaaksessies het gou gewild geraak en besoekers aan die Musuem vind dit baie interessant.

Die oorsprong van kant is onseker.  Die slim mense wat navorsing doen oor die maak van kant bevestig dat kantmaak in die 1400`s begin het.  Sommiges is weer oortuig daarvan dat die maak van kant alreeds in die antieke Romeinse tydperk begin het na antieke struktuurtjies gevind is wat soos  “bobbins” (klosjes)  lyk.    In Venesiё is ook kant gevind wat gehelp het dat die kantbedryf van Brussels baie bekend en gesog geword het.  Die eerste masjienkant is in Tulle gemaak  en het daarvandaan ontwikkel.

Omdat die fyn drade van die vlasplant (linne ) maklik kon breek as dit te droog geword het, was die omstandighede waaronder kantmakers gewerk het baiekeer haglik, donker en klam.  Die gewildheid van kant het egter gou toegeneem, want dit kon gebruik word om kledingstukke te versier maar was maklik om af te torring en dan weer te gebruik.  Voor die tyd van kantwerk is  kledingstukke met borduurwerk versier.

Die Kloskantdames is weer te siene by die Drostdy Museum op Dinsdag, 12 Februarie 2019, en alle belangstellendes is welkom om te kom kyk na hul uitsonderlike handewerk.   

Museumgroete, Jomien Havenga

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *