MELODIESE BIDUUR

Woensdag, 30 Januarie, het 45 van Hoërskool Swellendam se koorlede, onder leiding van Mev. Elsa Marais, in Swellendam se NG kerk tydens die biduur gaan sing. Die koor het twee liedere gesing en die betowerende sang het baie kerklede aangeraak. Ons wil baie dankie sê vir die koorlede wat moeite gedoen het om die biduur by te woon en op te tree, asook Mev. Marais wat die koor foutloos begelei het. Swellies ons kan nie wag vir die volgende optrede nie, wel gedaan!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *