‘n Spesiale geskenk, uit die hart

Al die gaste van die onlangse Landbouskou Damesoggend weet en sal jou ook vertel hoe ongelooflik spesiaal die ‘Beyond Beauty‘ of ‘‘n Dieper Skoonheid‘ verjaarsdagkalenders is.

Die kalender is ter bewusmaking van mense in die Swellendamdistrik wat met ‘n gestremdheid saamleef, en op hierdie Menseregtedag is dit weer absoluut relevant om die kalender te bemark.

Die modelle in die kalender fotokollage is almal van Swellendam distrik, en hierdie was Moira Odendal en haar toegewyde damesoggendspan se liefdestaak om van elke model ‘n superstêr in hul eie reg te maak.

Kalenders verkoop teen slegs R100 elk en die opbrengs hiervan word aangewend om Swellendam se Landbouskougronde meer gestremdvriendelik vir besoekers te maak.

Kontak miriambasson@gmail.com of loer in by Monkens Koffiewinkel in Voortrekstraat.

The problem with having a disability is not the disability. The problem is other people. Other people’s biases, prejudices and ugliness gets in the way of seeing people as people. I wish people would understand that disability is just a variation of the human experience.” — Johanna Hirons Radziwon

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *