Nersa gee goedkeuring vir 9,4%-verhoging vir Eskom

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het Eskom goedkeuring gegee om ʼn 9,4%-verhoging in 2019/2020 te implementeer. ʼn Verhoging van 8,1% is vir 2020/2021 goedgekeur en 5,2% in 2021/2022.

Die kragvoorsiener het aanvanklik ʼn 15%-verhoging oor die volgende drie jaar versoek weens nansiële probleme, insluitend ʼn skuldlas van meer as R400 miljard.

Eskom se verhoging sal nog meer druk plaas op verbruikers wat pas getref is deur ʼn groot petrolprysverhoging en van 3 April waarskynlik ʼn ekstra 29c per liter sal moet betaal vir staatshefngs, soos aangekondig deur Tito Mboweni, die minister van nansies, se begrotingsrede verlede maand.

Lees meer oor die Nersa goedkeuring op Maroelamedia – http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/nersa-gee-goedkeuring-vir-94-verhoging-vir-eskom/

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *