SAUVIGNON BLANC SA IS DIE NUWE AMBASSADEUR VIR ‘N WÊRELDWYE GUNSTELING

SUID-AFRIKA AGRISuid-Afrika se segsgroep vir Sauvignon Blanc – een van die land se mees aangeplante druifvariëteite – het ’n transformasie ondergaan, wat stukrag gee aan sy internasionale sukses. Die voormalige Sauvignon Blanc Belangegroep (SBBG), kondig nie net sy nuwe naam as Sauvignon Blanc Suid-Afrika aan nie, maar gebruik ook die viering van Internasionale Sauvignon Blanc Dag (3 Mei) om ’n hele gros veranderinge teweeg te bring.

Nuwe embleem vir Sauvignon Blanc Suid-Afrika
Die nuwe embleem vir
Sauvignon Blanc Suid Afrika

Die organisasie is aanvanklik gestig om uitmuntendheid aan te moedig en die kultivar te bevorder en het onder meer ’n nuwe bemarking- en ondersteuningagentskap aangestel; sy logo en webwerf her-ontwerp en die hulp van ’n bekende kundige ingeroep, om sy kennis-sentrum te verbreed.

Sauvignon Blanc SA se voorsitter, RJ Botha, sê dié verandering is al lank op die horison. “Die vorige benaming as SBBG het nie ons boodskap sterk genoeg beklemtoon nie. Nou sal enigeen in die wêreld weet waarvoor ons staan én waar ons vandaan kom.”

Die verandering het ons saak met vars energie versterk. Hieronder is gesprekke rondom Sauvignon Blanc Dag 2020 en Concours Mondial du Sauvignon 2021 wat reeds aan die gang is, en ons is baie opgewonde oor dié vooruitsigte,” sê Botha.

Sauvignon Blanc is die derde grootste witdruif-aanplanting in die Kaapse wynlande en een van die grootste in die Nuwe Wêreld wynlande. Sauvignon Blanc is die gewildste druifsoort in SA – altesaam 40% van alle witwynverkope is Sauvignon Blanc, die meeste van alle druifsoorte. Sauvignon Blanc SA is met hierdie inligting as agtergrond gestig, om Suid-Afrikaanse Sauvignon Blanc se gehalte plaaslik en internasionaal te bevorder.

Die belangegroep se hergeboorte ter viering van Internasionale #SauvBlancDay – tradisioneel die eerste Vrydag in Mei – verleen gravitas aan die geleentheid.

Die organisasie se taak kry ’n vêrdere hupstoot deur Agri-Expo, die gevestigde landbousektor promosie- en bemarkingsmaatskappy, se aanstelling om die daaglikse bestuur oor te neem.

Die vorige bestuurskomitee het die afgelope agt jaar ’n stewige fondament gelê, met ondersteuning van onskatbare waarde van mense soos promosie-dinamo, Elsabe Ferreira,” sê Botha. “Die nuwe span sal voortbou op hierdie sukses, met die oog daarop om nog meer geleenthede vir ons lede én vir Suid-Afrikaanse Sauvignon Blanc te skep.”

Van die lede se nuwe voordele is toegang tot die kenner-insigte van Dr. Carien Coetzee van Basic Wine, wat ’n reeks eksklusiewe tegniese verslae skryf. Bo en behalwe haar PhD Agric Wynkunde van die Stellenbosch Universiteit, sluit haar ervaring deelname in aan die International Sauvignon Blanc Celebration in Nieu-Seeland en diens op die proepaneel vir die Concours Mondial du Sauvignon internasionale wynkompetisie.

Sauvignon SA se transformasie sluit ook voorts in ’n her-ontwerpte webwerf,  www.sauvignonblanc.com, wat by sosiale media platforms integreer is om die gesprekke rondom die variëteit optimaal te benut.

LTR: Arno Cloete, Sauvignon Blanc SA; FNBSA, Eunice Joubert van Agri-Expo en RJ Botha-Voorsitter van Sauvignon Blanc SA

Enigeen kan ’n lid van Sauvignon Blanc SA word, om die voordele van gedeelde kundige kennis te geniet. Lede se netwerkgeleenthede en inligting-uitruil sluit tegniese seminare en -werkswinkels in, asook spesialis proepaneel-keuring en -opleiding vir wynkompetisies; en vroegtydige ontginning van bemarkingsgeleenthede.

Van die publiek se kant, ken die meeste mense die organisasie deur die prominente jaarlikse FNB Sauvignon Blanc Top 10-kompetisie, wat in 2007 gestig is om produsente wat uitstaande wyne maak, te beloon. Die Kaapse wynmeester, dr. Winifred Bowman, ’n ervare beoordelaar en kommentator, is die paneel-sameroeper.

Die kampioenskappe se belangrike datums vir die jaar is die inskrywings wat aan die einde Julie open.

Beoordeling van 3 tot 6 September en die gala-toekennings op Woensdag 9 Oktober.

’n Tegniese seminaar met vanjaar se prestasies as basis, sal op Woensdag 20 November in Franschhoek gehou word.

o

Die huidige Sauvignon Blanc SA komiteelede is: voorsitter RJ Botha (Kleine Zalze Wynlandgoed), ondervoorsitter Thys Louw (Diemersdal Landgoed), Carien Coetzee (Basic Wine), JD Pretorius (Warwick Wynlandgoed), Lukas Wentzel (Groote Post Wingerde), CP Conradie (Conradie Penhill Wyne), Emul Ross (Hamilton Russel Wingerde) en Daniel Keulder (Nitida Wynplaas).

Besoek www.sauvignonblanc.com of skakel 021 975 4440 vir meer inligting of om in te teken op die Sauvignon Blanc SA-nuusbrief. Word deel van die sosiale media gesprek oor #SauvignonBlanc en merk Sauvignon Blanc SA op Twitter @SauvignonSA en op Facebook en Instagram as @sauvignonblancsa.

Isabeau Botha, Agri-Expo

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *