Swellendam se boodskap is blou!

SWELLENDAM STEM DISTRIK Met 68.7% (3% meer as die vorige verkiesing in 2014) van Swellendam se geregistreerde kiesers wat gestem het, is die oorweldigende boodskap dat Swellendam en omgewing hul steun aan die blou DA toesê.

Swellendam distrik uitslae was alreeds vroeg Donderdagoggend bekend, met beamptes en party-verteenwoordigers wat deur die nag gewerk het.

Die distrik se nasionale stemme – DA -47.3%, ANC 42.61%, VF+ 3.83% en EFF 1.68%. Die Provinsiale stemme – DA 51.54%, ANC 40.95%, VF+ 1.77% en EFF 1.43%.

Ons het geen noemenswaardige voorvalle in die distrik opgemerk nie, en die atmosfeer was oor die algemeen feestelik.

DANKIE SWELLENDAM!

Sien video van Stemdag in Swellendam – Die Swellendam Distrik 2019 verkiesing in volkleur (met onderskeie stemlokale se uitslae).

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *