SWELLIES IN VOLKLEUR!

Donderdag, 31 Januarie, het die studenteraad van Hoërskool Swellendam `n onvergeetlike kleuredans aangebied. Die aand was kompleet met alle genres musiek, `n rookmasjien, `n borrelmasjien, flitsende ligte en `n rekord getal bywoners! Dit was groot en die samesyn van al die leerders het almal `n gevoel van belang gegee. Die Swellies het hulle harte uitgesin en gedans tot hulle voete seer is!  

Die fondse wat ingesamel is, is ten bate van `n fonds om vir een van die Swellies se getroue personeellede wat later die jaar aftree `n GROOT geskenk te koop. Dankie aan elke Swellie wat die aand bygewoon het en bygedra het tot ‘n suksesvolle aand! Ons sien uit na nog baie pret geleenthede in 2019!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *