Swellies tennis slaan ‘n slag

Verlede Donderdag het Laerskool Swellendam se Tweede Tennisspan teen Laerskool Koo te Montagu gespeel. Mia Bouwer, Mia Burger, Lana Gouws en Carli Joubert was die meisiespan en Mic Veldman, Henri Swart, Zondagh Zaaiman en Jaco de Wet was die seunsspan. Beide spanne het al hul wedstryde gewen. Hulle het ook ‘n goeie kans gekry om hul dubbels te oefen. Ons sê baie dankie aan Mnr. Jaco Swart wat die tennisspan na Montagu en terug geneem het. Welgedaan, Swellies!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *