SAUVIGNON BLANC SA IS DIE NUWE AMBASSADEUR VIR ‘N WÊRELDWYE GUNSTELING

Suid-Afrika se segsgroep vir Sauvignon Blanc – een van die land se mees aangeplante druifvariëteite – het ’n transformasie ondergaan, wat stukrag gee aan sy internasionale sukses. Die voormalige Sauvignon Blanc Belangegroep (SBBG), kondig nie net sy nuwe naam as Sauvignon Blanc Suid-Afrika aan nie, maar gebruik ook die viering van Internasionale Sauvignon Blanc Dag (3 Mei) om ’n hele gros veranderinge teweeg te bring.

Vrydag 3 Mei is International Sauvignon Blanc Day – volg dievolgende hutshekkies: #SauvBlancDay of #SauvignonBlancDay.

Twitter handvatsel @SauvignonSA en Facebook / Instagram @sauvignonblancsa.

Read more