Wees deel van ons reis – ‘n Lewe in Beijing.. (Die kennismaking)

Lesers van die Langeberg Bulletin word genooi om deel te word van ‘n ongelooflike briewetoer deur die besige en bedrywige stad van Beijing.

‘n Paartjie van Kaapstad met wortels in Swellendam bevind hulself in die grote stad van Beijing en deel met ons hul ervaringe en alledaagse handel en wandel in die interessante megastad wat nou hul tuiste is.

Allereers ‘n stukkie agtergrond oor Beijing:

Beijing (ook somtyds genoem Peking) is die hoofstad van Sjina, die wêreld se 3de mees bewoonde stad.  Die stad is geleë in noord Sjina, en is die tweede grootste stad in Sjina, met Shanghai wat die grootste is. 


Die ‘Hall of Supreme Harmony’ binne die verbode Stad in Beijing (Foto © George Oze / Alamy Stock)

Beijing is die nasie se politieke, kulturele en opvoedkundige sentrum, en ook tuiste vir meeste van Sjina se grootste staats-beheerde maatskappye.  Die stad is verder ‘n tuiste vir die grootste getal ‘Fortune Global 500’ maatskappye in die wêreld, asook die wêreld se vier grootste finansiële instansies. 

Die Beijing Capital International Airport is sedert 2010 die 2de besigste in die wêreld vir lugverkeer, en van 2016 besit die stad ook die besigste en 2de langste metrotreinstelsel.   Daar is sowat 91 universiteite in Beijing.

In 2013 het die Beijing Munisipaliteit ‘n totale bevolking van 21.148 miljoen geregistreer, waarvan 18.251 miljoen in die stad en omringende woonbuurte woon, en 2.897 miljoen in landelike dorpies rondom die stad.  In 2017 het die Sjinese regering bevolkingskontrole toegepas in Beijing en Shanghai, en die bevolking het verminder met ongeveer 20 000 mense tussen 2016 en 2017.

Die Groot Muur in Sjina (‘Great Wall of China) is definitief ‘n groot besienswaardigheid vit toeriste. Slegs ‘n uur vanaf Beijing is die Groot Muur by Badaling. (Foto Fodor.com)

96% van Beijing se bevolking is Han Sjinees, en die ander 5 top etniese groepe is Manchu, Hui, Mongool en Tujia.  Op enige gewege dag bly daar sowat 200 000 buitelanders in die stad wat studente insluit.  Besigheidsbesoekers en toeriste is uitgesluit. 


Die ‘Temple of Heaven’ is sowat 6kms suidoos van die Geheime Stad, waar groepe Bejingers gereeld gesien kan word waar hul Tai Chi beoefen, tradisionele danse of sommer net impromptu sangsessies. (Foto: Wildgreatwall.com)

In 2010 het ongeveer 86% van Beijing se bevolking ‘n Sjinese geloof, Taoisme of geen geloof beoefen, gevolg deur 11% Boeddhisme, 2% Islam en 0.8% is Christene.

Die ‘Confucius Tempel’ is in 1302 gebou en is ‘n sprekende voorbeeld van Sjina se ryk historiese verlede en nalantenskap. Die temepl is uniek in die sin dat dit gebou is vir ‘n persoon, en nie ‘n goddelikheid nie. Aanbidders kom na die tempel om geskende te bring, soos by al die ander Buddhisme en Taoisme tempels in die stad. (Foto: Fodors.com)

Inligting: Wikipedia

Mario Michael Segal

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *