Swellendam – Automation Works bied steeds ons gewilde ‘Automation GAP’ jaar program aan wat spesifiek vir studente is wat nie heeltemal seker is wat hulle wil doen nie. Die kursus dek van ontwerp met Auto CAD, 3D ‘printing’, Arduino robotics, basiese programmering, Siemens LOGO PLC, rekenaar vaardigheid tot Python games programmering.
Hierdie kursus vereis nie eksamens nie, net ‘n projek voorlegging aan die einde van elke termyn wat deur ‘n besigheidspaneel geëvalueer word.
Die nuwe kursus, ‘Mechatronics NQF 5’ is ‘n geakrediteerde 4 jaar kursus waarvan die 1ste jaar hier by Automation Works Training Facility in Buffeljagsrivier aan gebied word. Die 2de, 3rde en 4de jaar word by Polytech Africa in die Kaap voort gesit. Met die voltooiing van die kursus sal jy ‘n Megatroniese tegnikus wees.
Ons gaan ook hierdie jaar op Woensdae middae van 14:00 – 16:00 Robotic klasse vir hoërskool leerlinge aanbied.
Let wel, ons begin reeds hierdie week om die studente se rekenaars te laai met die eerste programme. Moenie te lank wag nie. Ons het beperkte siptplekke. Kontak Elmarie Turner op 0722001491 vir meer inligting.

No Comment! Be the first one.