‘Dis weereens ‘Back-to-School’ tyd vir die kindertjies in ons dorp maar daar is baie van hulle wie se ouers nie skryfbehoeftes kan bekostig nie en hulle sal totaal onvoorbereid moet terugkeer. Donovan Julius en Johan Vd Berg, albei gemeenskapaktiviste in Swellendam, het ‘n uitreik begin om 100 kinders wat hulle in SUURBRAAK en Buffeljags geïdentifiseer het, te help. PicknPay het aangebied om ‘n deel van die skryfbehoeftepakkies vir elke kind te borg, maar hulle benodig nog R200 per kind om die res te dek. ‘
Geagte Masa,
Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om jou van harte te bedank vir jou ongelooflike bydrae en visie om die projek te loods. Jou “brainchild” en jou mooie hart het hierdie droom ‘n werklikheid gemaak. Jou passie en toewyding om ‘n verskil in ons kinders se lewens te maak, is ‘n inspirasie vir ons almal.
Ek wil ook graag ‘n spesiale dank uitspreek aan Johan Vd Berg en PicknPay vir jul onbaatsugtige ondersteuning wat verseker het dat hierdie projek ‘n reuse sukses is. Julle het ons kinders gehelp om die skooljaar met ‘n hoë noot af te skop, en julle ondersteuning het hulle nie net slag gereed gemaak nie, maar ook gemotiveer om ‘n sukses van hierdie jaar te maak. Ek is opgewonde oor hierdie collaboration, ‘n geleentheid waar die gemeenskappe bedien word.
Baie dankie aan Suurbraak Primêr, MullersRus Primêr, St. John’s en SSS vir julle betrokkenheid om ons kinders se lewens te vergemaklik en op te hef.
Ek wil ook graag die volgende individue erken wat ‘n waardevolle bydrae gelewer het om hierdie projek moontlik te maak:
- Mandy Philander
- Willem en Elmien Treurnich
- Francois en Lise du Rand
- Jan Swart
- Jaco van Schalkwyk
- Conroy Williams
- Piet Steyn
- Nadia le Roux
- Lynie Jorge
- Amanda Shackley
- Chantelle Moller (African Sky)
- Rignold
- Rudolf Coetzee
- Brehmer
- Gary Sheppard
- Mickey Mentz
- Charmone van Zyl
- Sakkie Franken
- D. Jacobson
- Lizaan Coetzee
- Lincoln Du Bruyn
Julle bydraes word opreg waardeer, en ek glo dat die Here julle in oorvloed sal seën vir jul bereidwilligheid om ander te help.
Met opregte dankbaarheid,
Donovan Julius

No Comment! Be the first one.