Die finale registrasie besoek is op 24 Januarie deur die Departement Vervoer onderneem en is bevind dat die fasiliteit voldoen aan alle vereistes om as ‘n Graad E toetsfasiliteit geregistreer te word.
Die toetssentrum wat by die munisipale kantore in Bainstraat Barrydale geleë is, is toegerus met moderne elektroniese toerusting. Opleiding in die gebruik van die toerusting sal vanaf 10-14 Maart plaasvind. Swellendam se toetsstasie se toerusting is ook opgradeer.
Die opgraderings word wyd verwelkom en kan aspirant voertuigbestuurders uitsien na die gebruik van die nuwe tegnologie.
Other Articles
Next
Previews

No Comment! Be the first one.