Maak ‘n knoop in jou das, en koop jou kaartjies sommer vandag nog.
Dit is hoog tyd dat ons kinders raadpleeg om partytjies en feeste te beplan. Hul weet.
Dit is presies wat plaaslike besigheidseienaar, Johan van den Berg gedoen het.
Johan se dogtertjie is gaande oor ‘Die Kaplyn’ van Bok van Blerk, en boonop hou sy van ‘n lekker boerepretdag.
Johan en vriende het geluister, en vir haar 7de verjaarsdag aan die werk gespring om ‘n lekker Swellendamfees (of te wel Bonnievale Bash) te reël, en sommer terselfdertyd terug te gee aan die kontrei se mense.
Inwoners, vriende en familie word genooi om Menseregtedag op 21 Maart op ‘n 1970’s CHEVVIE manier te vier, met rugby, braaivleis, sonskyn, rondswaai en vastrap en omdat ons nie slegs net khakibroek, lang kouse en plaasvellies dra nie, ook ‘n lekker Kaapse wynproe en kunsuitstalling.
‘Hulle weet mos nie wat ons weet nie’, so daar is ook ‘n geleentheid om jou buurman uit te daag om met bokshandskoene te gesels oor die grassnysels langs die heiningdraad.
Die ‘Bonnievale Kairi Bok van Blerk Birthday Bash’ gaan jou behoorlik skud hierdie jaar ten bate van ‘n warm hart omgee projek)!
Wanneer: Menseregtedag, 21 Maart 2025, 09:00 – 18:00
Waar: Stormsvlei Akkommodasie, Bonnievale
Koste: R300 volwassenes | R150 kinders
Besprekings: nadia@vmandk.co.za / 079 037 4326
Navrae: johan@vmandk.co.za / 074 793 0123
Hoekom jy hierdie dag nie wil misloop nie:
Hierdie ongelooflike gebeurtenis word gehou om fondse in te samel vir projekte in die omliggende gemeenskappe van Swellendam, Bonnievale, Buffeljagsrivier, Railton, Barrydale en Suurbraak.
Wat om te verwag:
Witwarm kunstenaars!
Die musiekverhoog is lewendig met Bok van Blerk, Gerhard Steyn, Daniel Po, en Glaskas.
Ons gaan BRAAI!
Suid-Afrikaners weert hoe om te braai. Heerlike braaivleis op die kole, braaibroodjies, biltong en burgers. Natuurlik gaan spyse gepaard met drank.. Bier, brandewyn en, vir wynliefhebbers, fantastiese Beyerskloofwyne te proe. Koste R100 per persoon; maak jou wynbestellings vooraf by Johan vd Berg.
Touch Rugby Toernooi (Barrydale Rugby Klub)
10 x spanne van 4 spelers (mans / vrouens)
Round robin stage. Die top 4 spanne gaan semi’s toe en word as wenners aangewys met ongelooflike kontantpryse en trofees – 1ste plek: R2500, Tweede plek R1500.3de plek R1000
Inskrywings kan gereël word met Conroy Williams – conroyclintwilliams@gmail.com/ 073 160 1338, en beloop R1200,00 per span
Bokstoernooi
Het jy ‘n ‘bief’ met jou vriend of ‘n appeltjie te skil met jou buurman? Daag hom / haar uit vir vriendskaplike boksgeveg en begraaf jul strydbyl! Inskrywings is R200 per rondte. Vir meer inligting kontak Dewald by dewaldmalan23@gmail.com of 073 355 6241.
Bontebok Kunsuitstalling
Alle kreatiewes neem kennis! Stal uit en verkoop jou kuns plaaslik. Inskrywings kos R200. Kunstenaars staan ‘n kans om kunswerke na die fees in ’n gallery in Kaapstad te vertoon. Kontak Luzanne by Luzanne.vorster@vmandk.co.za of 079 328 2499.
Boeredans (want ons almal hou van ‘n boerepompie):
Skud jou ‘biscuit’ en sluit Vrydagaand af met ‘n vastrap boeredans (19:00 tot 22:00). Kaartjies is beskikbaar teen R150 per persoon. Kontak Nadia vir meer besonderhede.
Kom geniet jou menseregte op hierdie spesiale dag in Bonnievale. Alle winste word aan gemeenskapsprojekte in die omgewing geskenk.
Maak jou bespreking vroegtydig om teleurstelling te voorkom!

No Comment! Be the first one.