Dankie aan ons Engele wat Kersfees vir ons moontlik gemaak het
Sandra Taylor, Avondson Bejaardeklub; 23 Januarie 2025
Swellendam – Hiermee wil ons bestuurslede van Avondson Bejaardeklub net weereens ons opregte dank en waardering uitspreek teenoor die weldoeners wat ons jaareindfunksie so onvergeetlik gemaak het.
Nadat ons Juniemaand ‘n baie groot finansiële terugslag gelei het, het ons gewroeg oor die tipe afskeid wat ons vir ons bejaardes kon hou.
Omdat ons toe met ‘n dol lëe bankrekening sit, besluit ons om donasiebriewe uit te stuur. Groot was ons verbasing toe ons sommer net die volgende dag ‘n oproep van mnr Johan van den Berg, Besigheidsman van Swellendam, ontvang, en hy ons meedeel dat hy saam met Avondson ‘n paadjie wil stap.
Sonder enige vrae soek hy toe ons bankbesonderhede en nie eers n half uur later het ons ‘n stewige bedrag geld in ons bankrekening. Mnr Johan se skenking het ons toegelaat om ons inkopies te doen. Nodeloos om te sê dit was ‘n ervaring duisend.
Op 11Desember verras ons toe ons bejaardes met ‘n volledige Kersete.
Ons kon plek bespreek by Bontebok Park . Groot was ons oumensies se verbasing, want in Bontebok Park was ons mensies nog nooit.
Uitgevat in hulle beste klere het ons die dag gevier met ‘n buffet kersete, goeie musiek, en selfs met ‘n mooi versierde kersboom en presentjies.
Die vreugde op ons mensies se gesiggies is iets wat ons nog vir lank sal onthou.
Mnr en mev Van den Berg se onbaatsugtigheid sal ons Seniors nooit ooit kan vergeet nie. Steeds het ons nou nog nie genoeg woorde om vir hulle dankie te sê nie.
Soos een van ons tannies dit uitgedruk het: “Die Van den Bergs is ware Engele reg uit die
Hemele.” Met reg kan ons sê dat Johan en sy vroutjie groot goeie gewers is.

No Comment! Be the first one.