…en Nero speel viool…
E Theunissen; 22 Januarie 2025
Dit is nare gevoel van Déjà vu met die aankondiging en uitstuur van die Agenda vir die Spesiale Raadsvergadering geskeduleer Maandag, 27 Januarie 2025.
Drie maande gelede, op 30 September 2024 moes Swellendam inwoners toekyk hoe dieselfde scenario hom uitspeel in die Raadsaal.
Die 2024 mosie van wantroue teen Burgemeester Francois du Rand was egter onsuksesvol danksy die Speaker wat teen die mosie gestem het (met opdrag van sy leierskap), en die Burgemeesterstoel het binne DA beheer gebly. Dae na die onsuksesvolle mosie was daar egter reeds sprake dat ‘n nuwe mosie sal volg sodra die vereiste periode soos beskryf in die relevante prosedure vir Plaaslike Regering (verwydering van Uitvoerende Burgemeester en ander ampsdraers) verstryk.
Dit is presies waar die Raad van Swellendam tans is, Januarie 2025.
‘n Nuwe (ANC) mosie teen die Uitvoerende Burgemeester is ingedien, en die hele Swellendam wag met opgehoue asems om uit te vind waar Speaker Juan van Schalwyk sy gewig hierdie keer gaan ingooi.
Terwyl Raadslede hul politieke speletjies speel, en mekaar probeer uitoorlê met ondeurdagte skuiwe in ‘n ‘n flouerige skaakspel, is Rome besig om te brand.
Almal ken so amper die geskiedenisverwysing van die Roomse Keiser Nero..
>>>>>Maak ‘n blok hier wat uitstaan…
Op 18 Julie 64 AD (jaar na Christus) het ‘n reuse vuur begin in die winkels by Rome se stadium, Circus Maximus. Die vuur is 6 dae later onder beheer gebring, maar voor die skade verreken kon word het die vuur van voor af begin brand en vir nog ‘n verdere 3 dae gebrand. 71% van Rome het tot op die grond afgebrand (sowat 10 van die 14 distrikte), en die helfte van die populasie van Rome is dakloos gelaat.
Soos met enige ramp of tragedie, word daar gesoek na iemand om die skuld te dra en in die openbaar te stenig. Nero het gerieflikheidshalwe die Christene geblameer vir die verwoesting (en sodoende die eerste vervolging van die Christene van stapel gestuur). Groot groepe (bykans 1000) Christene is ten aanskoue van toeskouers deur veghonde verskeur as boetedoening vir die verlies.
Nero het op ‘n jong ouderdom van 17 Keiser geword. Hy was bekend as ‘n tiran en ‘n leier wat baie impulsiewe besluite geneem het. Nero was geliefd onder die gepeupel, maar redelik onpopulêr by die aristokrate van die tyd. Voor die Groot Vuur het hy sy moeder vermoor op aandrang van sy minares, en sy hoofadviseur was op opdrag ontslaan en gedwing om selfmoord te pleeg.
Enkele dae na die brand het Nero opdrag gegee om die nuwe spasie skoon te maak en ‘n nuwe paleis te bou – sy eie prag en praal, met sy eie idees en planne. Die haas waarmee hy te werk gegaan het om sy planne in werking te sit het gerugte laat ontstaan dat dit dalk Nero self was wat die brand gestig het.
Die storie loop dat, gemotiveer deur sy begeerte om die stad te vernietig en sy eie te bou, Nero in die geheim manne wat ‘dronk’ was uitgestuur het om die brand te stig. Nero homself het te midde van die inferno by sy paleis op die heuwel uitgekyk, gedroom oor sy nuwe stad en gesing terwyl hy op ‘n lier (‘n soort harp) gespeel het.
>>>>>>>>
Hier wil ek graag ‘n oomblik stil staan, en my verwonder oor die metaforiese ooreenkomste met Swellendam se politieke landskap en leiers.
Die frase ‘Nero speel op sy viool terwyl Rome afbrand’ verwys na ‘n persoon wat onverantwoordelik is en homself ongeërg met onbenullighede en speletjies besig hou tydens ‘n noodsituasie of binne ‘n saak van erns.
Rome brand
Sosiale media platvorms gons van Swellendam inwoners se klagtes en murmureringe – daar is slaggate in die paaie, stofwolke in woonbuurte, behuisingstekorte en besoedelde waterstrome, en meer.
Werkloosheid neem toe. Dwelm- en drankmisbruik is ‘n groot probleem, veral onder kinders. Inwoners word geteister deur straatkinders, rondlopers en inbrekers. Stoepe word geplunder oornag.
Tienerswangerskappe hou dogters uit die skole. Tariewe en lewenskostes styg byna daagliks, en diegene wat wel nog ‘n inkomste verdien se salarisse kan geensins tred hou nie.
Inwoners wat moeite doen om gereelde GOP vergaderings by te woon sal weet dat die amptenary onder geweldige druk werk, met min geld in die munisipale koffers probeer hul groot kapitaalprojekte befonds en effektiewe dienste lewer waar nodig.
Dat daar die afgelope 6 maande herhaaldelik gerapporteer is oor onsekerheid in die munisipaliteitstruktuur gooi meer olie op die vuur wat alreeds brand.
Die Hoofbeampte (Munisipale Bestuurder) is onder verdenking van tender-ongeruimdhede wat onder haar bestuur plaasgevind het. Sy is laat 2024 geskors, en weer aangestel (korrekte protokol was nie gevolg nie). Swellendam Raad is oor die vingers getik (met kostes) omdat hul die hooggeregshof se tyd gemors het met die onwettige prosesse wat gevolg is, en onregmatige aanstellings van drie tydelike bestuurders in haar stoel.
Almal, inwoners en belastingbetalers, wag steeds in spanning op die feite / uitkoms van die onafhanklike verslag oor die tender-onreëlmatighede. Klaarblyklik word beamptes binne die betrokke afdeling uitgewys in die verslag, en daar is tans (onbevestigde) sprake dat die Munisipale Bestuurder (weereens) in ‘n staat van beskuldiging geplaas is. Kriminele sake is geopen en sommige raadslede het selfs tyd gevind vir voor die plaaslike SAPS kantore.
Daar is konkrete bewyse dat konflik, krisis en onsekerheid by ‘n werksplek ‘n dramatiese uitwerking het op die personeel en werkers, en dat langdurige onsekerheid in die werksplek lei na ‘n afname in fokus op werk en pligte, verlaagde produktiwiteit en bowenal ‘n verlaagde moraal binne die werkerskorps.
Werkers van Swellendam Munisipaliteit was vir meer as 6 maande onderwerp, uitgelewer en vasgevang in ‘n onseker krisissituasie met geen politieke wil of leierskap om die probleem uit te sorteer of op te los nie.
Wie ly die meeste in hierdie tye van onsekerheid?
Sekerlik Swellendam inwoners – gemeenskapsgroepe wat afhanklik is van dienslewering (Keiser Nero se armer en behoeftige gemeenskappe).
Die langdurige en onophoudelike poltieke toutrekkery bring ekonomiese groei en vooruitgang in gedrang.
Beleggers hou die huidige politieke stituasie binne die munisipaliteit fyn dop. Fondse of beleggings sal nie maklik na Swellendam vloei terwyl politieke onmin aan die orde van die dag is nie. ‘n Redelike mens het nie Einstien se breinvernuf nodig om die som te maak dat lae ekonomiese belggings en investering nie bevorderlik is vir werkskepping of die groei vir ons sukkelende ekonomie nie. Geen nuwe besighede en/of sakebelange beteken ook dat geen nuwe werke geskep word nie.
Weereens is Rome se armer gemeenskappe wat staatmaak op werksgeleenthede en volhoubare inkomste die slagoffers van politieke egos en agendas.
Swellendam belastingbetalers ly eweneens daaronder. Met hoë werkloosheid voer misdaad hooggety, en die relatief klein belastingbetalersgroep kry swaar om die groeiende munisipale begrotingstaat te help balanseer.
Wie is die eintlike Keiser?
Is Keiser Nero die ‘opposisie koukus’ wat oënskynlik so gefikseerd is op burgemeesterstroon en -paleis, dat hul nie raaksien watter uitwerking die ewige toutrekkery op die gemeenskap en dienslewering het nie?
Herhaaldelike mosies van wantroue word gebruik as politieke speelgoedgewere. Wetsgedinge wat in die land se hoë hof uitspeel is tot niemand se voordeel nie, en raak belastingbetalers se sakke direk.
Inwoners en belastingbetalers wil wel sien in welke mate Raadslede van regoor die politieke spektrum kan hande vat, ongeag politieke affiliasie en -beskouiing en hoe inwoners se gekose leierskap Swellendam kan lei na ‘n verenigde Rome, ter wille van Swellendam se mense. Nero is so besig om planne te maak vir die bou van koninkryke en die oprig van persoonlike paleise dat hy / hulle nie alleenlik in gebreke is om die noodsituasie in Swellendam aan te spreek nie, maar ook ander kniehalter om die gemeenskap wel te bedien.
Terwyl Nero sing en dans, en drome droom oor oorwinningstogte, bly die Romeine dakloos en werkloos. Diegene wat wel poog om in te spring om die stad te verbeter tot almal se voordeel, word in arenas gegooi en deur honde verskeur.
Of is Nero straks die politieke leierskap in Nasionale Regering – die leierskap van die VF+, ANC, DA wat dit al te maklik vind om ‘n blinde oog en dowe oor te draai oor die huidige omstandighede in Swellendam.
Dit raak al te duidelik dat geen nasionale politiek leier openlik standpunt wil inneem nie. Die ‘Roomse Senaat’ hou gebeure in die plaaslike munisipaliteit op ‘n veilige afstand dop. Hul poets eie ego’s, skryf manifesto’s en skuif politieke skaakpionne op die groot verhoë by parlement. Plaaslike leiers blyk in die duister te wees oor RNE strategieë en ideale.
Is dit werklik ‘n geval van leierskap onder die nuutgevonde RNE wat nie die tyd het of nodigheid sien vir ingryping of leiding nie op plaasslike vlak nie, of word plaaslike raadslede soos handpoppe gebruik deur die nasionale party-politieke aristokrasie om ‘n bepaalde politieke agenda te dryf? Het leiers agteraf hul ‘besope’ lakeie in die veld gestuur (dronk op beloftes van mag en beheer) om Rome te laat brand?
Moet ons meer lees in die saamdans van die VF+ en die ANC?
Is die DA – VF+ plaaslike regeringskoalisies so sterk soos wat dit aan Jan Publiek verkoop word?
Is die ANC, plaaslik en nasionaal, werklik verbind tot ‘n ideologiese nasionale eenheid?
2026 is om die draai. It seems all is fair in love, war and politics.
Keiser Nero was dalk tog die heerser wat met sadistiese plesier genot verkry het in die ongeluk en wanhoop van sy onderdane.

No Comment! Be the first one.