New Year Banner
Featured News

Inwoners woedend oor bruin drinkwater

Drinkwater

Beartkrag word as sondebok uitgewys

Inwoners van Swellendam het die afgelope week hul tot sosiale media gewend om hul woede oor die gehalte van die dorp se drinkwater uit te spreek.

Klagtes van bruin water in die dorp en Railton is by Swellendam Munisipaliteit gerapporteer en sommige inwoners kla oor maag-aandoeninge en maagkrampe, veral nadat hul kraanwater gedrink het.

Velsensitiwiteit is ook aangemeld en wasgoed en kledingstukke is, volgends ontstoke inwoners,  deur die water gevlek (sien boodskappe geplaas op die Swellendam Aanlyn sosiale blad).

Midas

Na ‘n swyende stilte oor die oorsaak van die bruin water, het Swellendam Munisipalitiet wel op Woensdag, 10 November, ‘n nota op hul sosiale media blad geplaas en die blaam op die negatiewe effek wat beurtkrag op die watersuiweringsproses het, gelê. 

Hul verseker egter dat, hoewel die water bruin gekleur is, dit steeds veilig is vir gebruik.

“Die hoë vlak van beurtkrag laat die watersuiweringsproses sonder elektrisiteit wat die suiweringsproses nie optimaal laat werk nie,” lees ‘n amptelike verklaring,

“Alhoewel die kleur van die water nie kristal helder is nie, word water steeds voldoende gechlorineer om heeltemal veilig te wees vir menslike gebruik.”

Opgraderinng van die dorpsinfrastruktuur is as nog ‘n moontlike oorsaak toegeskryf.

“Ons water word ook beinvloed deur die pypvervangingsprojek. Die Eskom uitdagings strek baie wyer as net krag wat af is. Ons probeer sover as moontlik hand ingrypings doen om die water op standaard te hou maar sonder elektrisiteit is dit baie moeilik.

“Inwoners kan gerus wees dat alle suiweringsprosesse en -protokolle gevolg word en dat die water heeltemal veilig is om te drink.

Bianca McKechnie, Senior Media- en Kommunikasie-beampte in die Kantoor van die Munisipale Bestuurder, het ook bevestig dat die Munisipaliteit gereelde water kwaliteitstoetse doen, en beloof dat, sodra verslae in die verband beskikbaar is, sy dit aan die Bulletin sal stuur vir bekendmaking aan lesers.

Facebook Kommentaar

Christoline Francke Erasmus – Dt isi drinkbaar ni dt mk siek ju maag werk

Lene Mostert – Die water is nie drinkbaar nie. Ons huisgesin is al siek gewees, elkekeer sodra ons water drink

Abigail Witbooi Slingers – My wit klere bruin. Het dit gister gelos gedink vandag gaan dit beter wees ma niks, dieselfde.

Hannetjie Marais – Hul moet kom kyk hoe lyk my beddegoed en handdoeke! Ek is woedend!  Ek ook my goed in Jik gesoak. Niks gehelp. Ek is regtig baie baie ongelukkig!  Ek is baie baie kwaad! Die vuil water het my handdoeke en beddegoed verwoes. Dis vol bruin vlekke! Gaan eis van die munisipaliteit. Dis onaanvaarbaar!

Johny Toerien – As daar miskien n verklaring rondom water uitgereik kan word? Al is dit gesond, mens wil maar net ingelig wees. Dit is onrusbarend om te verneem van die “probleemgevalle”

Theresia Kesa – My maag maak krampe en dit  pyn baie

Marie Venter – Ek het maagwerking gehad en as ek in daai water bad krap ek my self stukkend

LEES OOK:

Midas

Add Comment

Leave a Comment