Afrikaans word vanjaar 100 jaar oud – en as jy lus is om hierdie kleurryke laslappietaal te vier, is die Karnaval van Eenhonderd Woorde presies waar jy moet wees!
Dis jou kans om jou gunsteling Afrikaanse woord met die wêreld te deel – of dit nou iets is wat glinster, betower of jou net laat glimlag.
Verwag ‘n lewende woordeboek vol flair en verbeelding. Of jy nou met Afrikaans grootgeword het of dit maar net van buite bewonder – almal is welkom!
Van meester tot kondensmelk, van tovenaar tot katoterknop – daar’s al heelwat woorde ingeskryf, maar gelukkig is daar nog honderde om van te kies.
Kom wees deel van Swellendam se eerste regte, egte gemaskerde karnaval – hierdie Erfenismaand! As Venesië, New Orleans en Rio dit kan doen, kan ons mos ook.
Skakel Moira by 082 448 8166 vir meer inligting
Pssst… hou die media dop vir ‘n filmfees wat jou gaan verras – ‘n reeks 40-minute kortfilms met Sandra Prinsloo as aanbieder!

No Comment! Be the first one.