Swellendam Krieketklub – Die SCC Kings het 2025 met ‘n sege begin toe hulle Grabouw maklik op die Oval gekop het.
Grabouw het die loot gewen en die Kings laat kolf.
Die Kings het danksy goeie kolfbeurte deur Mario (67) Piet 41 nie uit en Ruan 34 ‘n goeie telling van 228 opgestapel. Die Kings het Grabouw in die eerste rondtes vir net 93 lopies uitgeboul en was weer op die oorlogspad. Die keer kry Grabouw net 107 lopies. Danny was puik met 3/22 en Warren 2/10 en Piet 2/12.
Met die bonuspuntoorwinning is die Kings tans gelyk met Hermanus (35) op die punteleer.
Komende Saterdag gaan ‘n grote wees vir die Kings as hulle die einste Hermanus by Hermanus aanpak. Die Kings weet dit gaan nie ‘n maklike stryd wees nie, maar is gereed om ‘n verrassing op te dis!!!

No Comment! Be the first one.