KOALISIE? GEEN KOALISIE?
LB; 29 Januarie 2025
Tydens ‘n onderhoud op RSG se ‘Spektrum’ program het die provinsiale leiers van die Swellendam koalisievennote sterk standpunt ingeneem oor die toekoms van die ooreenkom, en dit is pole van mekaar verwyder.
‘Koalisieregering steeds in plek’, sê dr Cornè Mulder. “Geen verraad is gepleeg nie”
Dr Cornè Mulder, Wes-Kaap Leier van die VF+, het ontken dat ‘verraad’ gepleeg is deur sy party se verteenwoordiger, Juan van Schalkwyk, ten spyte van ‘n vroeëre bevestiging van die VF+ Nasionale leier, Dr Pieter Groenewald, dat van Schalkwyk teen die Party se besluit gegaan het om nie saam met die ANC se wantrouemosie te stem nie.
Mulder verduidelik dat die VF+ niks te doen het met die mosie nie. Dit is deur die ANC gebring, en van Schalkwyk, as Speaker, was verplig om dit aan die Raand voor te lê. Aldus Mulder was ‘n lang aanleiding wat op hierdie punt uitgeloop het, en lankal probleme met die Burgemeester. Beslegtigingsmeganismes is al gebruik om die probleme te probeer oplos.
Die 20 punte in die mosie gelys is werklike probleme en kan nie geïgnoreer word nie – dit spreek van omkopery, wanadministrasie en inmenging in raadsprosesse en meer. Die VF+ verteenwoordiger het opgetree in terme van sy oordeel en die eed wat hy afgelê het om altyd in belang van die gemeenskap op te tree. Dit is volgens hom in belang van die gemeenskap om die Burgemeester te verwyder.
Met verwysing na die samewerkingsooreenkoms, sê Mulder dat die groter party altyd die een is wat oormatig nederig moet wees, en behoort agteroor te buig om sy koalisievennote tegemoet te kom.
Mulder sê voorts die koalisie-ooreenkoms is nie in gedrang nie. Hierdie is nie die eerste keer dat dit gebeur nie. In verwysing na Oudtshoorn het die DA saam met die ANC gestem om die begroting goed te keur, ook in die Langeberg Munisipalitiet. Hy is hoopvol dat die optrede in Swellendam nie die ooreenkoms behoort te beïnvloed nie.
Al wat die VF+ vra is dat daar ‘n geskikte kandidaat uit die DA geledere aangewys word wat werklik die gemeenskap van Swellendamvorentoe kan neem en mense bymekaar bring. Die VF+ sal die kandidaat ondersteun. Die ANC wil nie Swellendam alleen regeer nie. In lyn met die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) op nasionale vlak wil hul ‘n regeringsmodel hê wat die VF+ en Da albei insluit.
Die VF+ het alreeds gesê dat hy graag die oorneekoms in stand wil hou, en sal ‘n ‘aavaarbare’ DA kandidaat ondersteun as nuwe burgemeester vir Swellendam.
‘VF+ aksie is verraad, koalisie tot niet’
Die Spektrumgesprek met Minister Tertius Simmers, leier van die DA in die Wes-Kaap, het egter ‘n ander prentjie geskep. Aldus Simemrs was daar geen gronde vir die verwydering van die Burgemeester nie, en geen objektiewe bewysstukke is ingedien nie. Ook hy het voorbeelde aangehaal waar die VF+ ooreenkoms met die DA verbreek het in Agulhas en Oudtshoorn. Hy sê dit dui daaropdat die VF+ as vennoot nie betroubaar is binne die samewerkingsooreenkoms nie.
Op nasionale vlak is daar aan die plaaslike verteenwoordiger opdrag gegee om die ooreenkoms te eerbiedig. Hierdie is veronagsaam, en, beklemtoon Simmers, in Swellendam se geval bestaan die ooreenkoms nie meer nie.
Simmers verduidelik dat die DA gelei word deur ‘n Federale Raad, en dat daar prosesse gevolg word met die bevestiging van Burgemeesterskandidate. Francois du Rand is deur die proses aangewys as die geskikte DA kandidaat vir burgemeesterskap, en hul hou hierby. Die VF+ kan nie aan die DA voorskriftelik wees nie. Du Rand is deur die federale raad aangewys en is verder ingestem deur dieselfde Swellendam Raad. Soos die DA prosesse van die VF+ respekteer, so ook moet die VF+ DA prosesse respekteer.
Die oomblik toe die huidige VF+ verteenwoordiger met die ANC saamgestem het in die mosi, is die koalisieooreenkoms tot niet verklaar.

No Comment! Be the first one.