Bulletin Buzz podcasts
LekkerLees

LekkerLees: Aitog… Anna! Deel 2

LekkerLees - Aitog Anna

deur  *JJT*

Na ‘n laat nag haal Anna net-net die uie lorry – op pad werk toe. Die sitplek voor langs oom Hans is vir haar gereserveer…

Anna sê niks, verskuif net een van haar bloes se “streppe” en staar stip voor haar uit.

Dit gaan ‘n bloedige warm dag wees.

Op die plaas deel die boer bevele aan haar uit wat sy aan die span moet oordra. Die spannetjie lyk maar oes na die naweek se gefuiwery. Felicity se sonhoed is af. Haar hare in groot, stokstywe vaal krulle. Klimeit jy beter uit my pad bly vandag, dink Anna.

Dis nou al sewe uur en die kluitjierige grond is vuurwarm. Vandag moet julle, julle se allies roer, geen “slange hang”.

Nou kyk, die mense “love” vir Anna. Sy is streng maar regverdig. Haar hande staan vir als reg. Help so af en toe by die ouetehuis as haar naweekprogram dit toelaat. Met haar graad 12 is sy die hoogste geleer onder hulle. Sy praat “Ingels” soos die Kapenaars, en sy is te fraai van voorkoms. Saans kry elkeen ‘n blikkie tamatievis en NADAT sy HAAR tweeliterkannetjie plaasmos uitgegooi het verdeel sy die res regverdig en gelykop tussen die ander mense. Anna help ook die Boer met sy papierwerk oor lunchtimes. Dit moet baie harde werk wees en sy moet dit vreeslik geniet, want Anna het altyd na dit ‘n huppel in haar stap as sy weer op die landery kom aansluit Pligsgetrou, diè is onse Anna. Gewild onder die jong volkies wat behoorlik hang aan haar lippe.

En toe begin  die vervlakse Felicity mos met ‘n snaakse hoorsê storie van Anna. Dit was nou vir jou ‘n lelike gedoente, en almal het bespiegel of Felicity die waarheid praat of nie… Maar Felicity het voet by stuk gehou…

Wat was die storie wat Felicity ter vertelle gehad het. En hoekom moes sy daaroor op die rooimat kom?… Volgende week vertel ons verder…

Leave a Comment