Hoeks Bakwerke
News

VF Plus hartseer – Barrydale kon vanjaar munisipale eeufees vier

Heinrich Siecker
Written by Mickey Mentz

Siecker glo VF Plus is die voertuig vir verandering in Barrydale

Elke keer wanneer dienslewering nie geskied soos inwoners graag wil hĂȘ dit moet nie word daar na die tyd verlang toe Barrydale nog onafhanklik van Swellendam Munisipaliteit sy sake hanteer het.

Besluite wat tot voordeel van die dorp en sy inwoners strek kon glo aansienlik makliker geneem word en daar was ook geen twyfel dat elke sent van die belastingbetaler vir die dorp aangewend was nie.

AH Marais
*Advertensie

Die kanse dat die goeie ou dae gaan terugkeer is min, maar volgens Heinrich Siecker wat vir die Vryheidsfront Plus stemme vir die opkomende plaaslike verkiesing werf, kan sy party van die tradisionele waardes wat die dorp benodig, weer terug bring.

“Dit is vir my hartseer dat ons nou in 2021, waar hierdie munisipaliteit wat in 1921 geproklameer is en dus sy 100ste bestaansjaar moes vier weens politiek nie meer bestaan nie,” verduidelik Siecker.

“Deur ‘n politieke besluit het ons ons mag weggegee aan ‘n munisipaliteit wat nie eens naby ons is nie en dit is hoekom ek die Vryheidsfront Plus verteenwoordig.

“Die VF Plus staan vir desentralisering van mag en ons wil weer vir die gewone ouens, die ambagsman, die kafee eienaar, die besigheidsman en ook die werklose mense vra wat hulle benodig. Nie dit wat die politiek verlang nie, nie dit wat in parliament gebeur nie – dit wat op Barrydale gebeur.

VIDEO: Siecker gesels oor sy planne vir Barrydale

Siecker meen dat sy huis is waar sy hart is en dat hy ‘n besondere liefde vir Barrydale het.

As sakeman, ambagsman en ook voormalige wingerboukundige glo hy dat hy oor die kennis beskik om hier ‘n groot verskil te maak.

“Ek is nie bang om my moue op te rol en aan die werk te spring nie,”verduidelik Siecker.

Barrydale het ‘n besondere energie

Hy glo ook dat daar ‘n ongelooflike energie in Barrydale is en dat dit is belangrik dat die energie gekanaliseer word.

“Ondersteun my asseblief in hierdie plaaslike verkiesing, ek dink dit is tyd dat hier iemand is wat na almal se belange kan luister.

Siecker, wat meer in aksie as politiek belangstel, het sy woord gegee dat, wen of verloor, die Vryheidsfront Plus na die verkiesing ‘n aktiewe rol in die gemeenskap sal speel.


*News62 het (20 Oktober) aan die DA, ANC en Western Cape Party die geleendheid gebied om hul saak te stel. Die ANC moes weens moontlike Covid 19 op die nippertjie kanselleer, die Western Cape Party het ook verskoning aangebied. Die DA se verteenwoordiger, op wie se versoek die vergadering tot laatmiddag geskuif is, het nog nie van hom laat weet nie
.

LEES OOK:

Bulletin 20 jaar

About the author

Mickey Mentz

I sometimes dance naked in the canola fields of Swellendam, but when I wake up, I'm at home in my Barrydale bed. As die nuutste toevoeging to the Bulletin span sien ek daarna uit om die omgewing en sy mense beter te leer ken.

Add Comment

Leave a Comment