New Year Banner
Municipal Election 2021 News

Kaapse Onafhanklikheids Party – Bevry die Kaap

Naiomi van der Kolff

By Naomi van der Kolff

It’s official, I am the CIP Candidate for Swellendam Municipality in the coming Local Government Election 27/10/2021.

This is an achievement I am very proud of. With the people’s vote I will do my duty, along with all other CIP candidates and leaders, to bring you Cape Independence.

Sedert die Kaapse Onafhanklikheids Party raakgesien het dat die mislukte regering SISTEEM MOET VERANDER, streef dit na Kaap onafhanklikheid om die Switserse Direkte Demokrasie model en die ekonomiese model van Singapoer na te streef. ‘n Groot hoeveelheid handveste wat die reg tot selfbeskikking ondersteun kan gevind word. Nie alleen is Kaap onafhanklikheid wettig verseker deur die Suid Afrikaanse konstitusie nie, maar ook deur die Afrika Unie, die Verenigde Nasies en Internasionale wet. Politieke mag sal verwyder word van politici en afgewentel word na grondvlak: die burger / belastingbetaler. Dus, hoogs betaalde politici en korrupsie sal verwyder  word.   

In ‘n Direkte Demokrasie kanton sisteem, word:   

*             65% van die begroting toegeken op Plaaslike vlak (kanton/ munisipaliteit)

*             30% op Provinsiale vlak

*             5% op Nasionale/ Sentrale vlak (huidig andersom en sal so bly al sou die DA nasionaal in bewind wees)

Die Kaap Provinsie is ongeveer dieselfde grootte as Frankryk, het ‘n GDP van oor R200 biljoen, en in feitlik alle opsigte vermag dit meer as enige provinsie in Suid-Afrika. Van die R200 biljoen wat die Wes-Kaap aan die nasionale skatkis stuur, word ‘n skamele R50 biljoen teruggeploeg. R150 biljoen word dus in die nasionale ruim van die regering, wat deur die ANC gekontroleer word, gehou. (Vir elke R100 belasting wat ons betaal, kry ons net R25 se voordele). Ons word finansieël droog gebloei.

Dus, in ‘n onafhanklike Kaapse Republiek, sal ons belastings kan halveer … en steeds dienste verdubbel, soos:

*             Misdaad voorkoming, sekuriteit en veilige grense; opvoeding; gesondheidsdienste; behuising; werkskepping; paaie en infrastruktuur; energie & water bestuur.

Kaapse Onafhanklikheids Party beveel sterk aan:

*             Grootskaalse opheffing en voorspoed van al die Kaap se mense; 

*             Beëindiging van onwettige immigrasie

*             Media en internet Vryheid

*             Ondersteuning van entrepreneurskap, gelyke en oop handel

*             Privaat eiendomsbesit

*             Bevordering en beskerming van die geskiedenis, kulture en tale van die Kaap

*             Gelyke geleenthede vir al die burgers en beëindiging van alle ras-wetgewing (SEB) en kwotas

Die Kaapse Republiek sal ‘n land wees waar bekwame en verantwoordbare regering en ‘n sisteem van balanse sal verseker dat dienste van die hoogste standaard gelewer word, en waar ons diverse mense vir hulle pogings en etiek waardeer word in plaas van vir hulle vel kleur.

Sien die Handves vir volle inligting by www.capeparty.com

Midas

Leave a Comment