New Year Banner
Lifestyle News

Swellendam Shack Theatre amptelik geopen

Shack THeatre

Deur Elana Theunissen:

‘Shack Theatre’ – dit is ‘n ding. Dit is ‘n werklikheid en dit gebeur in Railton!

Swellendam Shack Theatre – Foto: https://www.facebook.com/TheShackTheatre

Op Vrydag 29 Oktober het dramavervaardiger, Freek Oerson, geskiedenis in Swellendam gemaak deur ‘n gemeenskapsteater oftewel ‘Shack Theatre’ te open waar die jeug hul talente ten toon kan stel in Ringstraat, Railton.

Drie klein en bekroonde plaaslike produksies – ‘Kain en Abel’, ‘Die reuk van Ma’ en ‘Dor bene‘ – is tydens die opening opgevoer.

Plaaslike jong tiener akteurs, met Freek Oerson as direkteur en kopieskrywer, het onlangs skitterend gevaar by die ATKV Tienertoneelfees asook by die ‘The Goliath Davids Legacy Project’ in Heidelberg waar hul silwer, goud en dubbel goue toekennings verwef het.

Belangrike lesse word by ‘Shack Theatre’ geleer

Al drie produkasies wat Oerson op die planke gebring het by die ‘Shack Theatre’ het die belangrikheid beklemtoon wat die rol van plaaslike produksies soos die in Ringstraat kan speel om kwessies in die Swellendamgemeenskap aan te spreek en onder die kollig te plaas.

Die reuk van Ma
Dor Bene

Die drie produksies, ‘Kain en Abel’, ‘Die reuk van Ma’ en ‘Dor bene‘ het sensitief, maar ook spitsvondig en op tye skreeusnaaks, die gehoor gelei deur taboe onderwerpe soos bloedskande en ook lewenssketse gedeel van gebroke gesinsverhoudinge en jeugseksualiteit.

Moira Odendaal van Swellendam was die programdirekteur van die historiese openingsaand en die Teater is amptelik geopen deur welbekende Afrikaanse aktrise and koningin van Suid-Afrikaanse Teater, Sandra Prinsloo. Luister hieronder. Vir meer pêrels oor die belangrikheid van die Teater en die Opening van die plaaslike gemeenskapsteater, luister hier: https://bulletin24.co.za/swellendam-shack-theatre-plaas-die-klem-op-belangrikheid-van-plaaslike-teaterproduksies/

Betrokkenheid by projekte soos Teater hou jeug van die strate af en weg van dwelms.” – Sandra Prinsloo
Sandra Prinsloo – uitgesproke oor die liefde vir Teater en die rol daarvan in gemeenskappe.
“Ek het al van Freek se produksies gesien en gehoor, en hy is so ‘n talentvolle jong man”Sandra Prinsloo
Freek Oerson se ‘Shack Theatre’ in Ringstraat, Railton, Swellendam
Freek Oerson (regs onder) en sy talentvolle tienerdramagroep

But what is ‘Shack Theatre’?

Kayelitsha (Cape Metro) performer founder, artistic director, and CE of Makukhanye Art Room, Mandisi Sindo, highlighted in 2018 already the importance of a such a community theatre platform to provide opportunities for youth, budding artists and for local entertainment – a place where local residents can rehearse and perform in a small, self-built ‘shack theatre’ – an increasingly important gathering space for dramatic productions, dance recitals and educational workshops.  [Cape Talk]

LEES OOK:

Midas

Leave a Comment