New Year Banner
Lifestyle News

Swellendam Shack Theatre plaas klem op belangrikheid van plaaslike teaterproduksies

Written by Elana Theunissen

Sandra Prinsloo deel by die openingsaangeleentheid van die Swellendam Shack Theatre ‘n paar pêrels oor die belangrikheid van die gemeenskapsteaters.

Freek Oerson, eienaar van die Swellendam Shack Theatre, met bekroonde Suid-Afrikaanse aktrise, Sandra Prinsloo – foto: www.facebook.com/TheShackTheatre

Onlangs het plaaslike dramavervaardiger, Freek Oerson, geskiedenis in Swellendam gemaak deur ‘n gemeenskapsteater oftewel ‘Shack Theatre’ te open waar die jeug hul talente ten toon kan stel in Ringstraat, Railton.

Drie klein en bekroonde plaaslike produksies – Kain en Abel’, ‘Die reuk van Ma’ en ‘Dor bene – is tydens die opening van Swellendam Shack Theatre opgevoer.

Plaaslike jong tiener akteurs was te siene in die produksies, met Freek Oerson as direkteur en kopieskrywer. Al drie produksies het skitterend gevaar by die ATKV Tienertoneelfees asook by die ‘The Goliath Davids Legacy Project’ in Heidelberg waar hul silwer, goud en dubbel goue toekennings verwef het.

Die Teater is amptelik geopen deur welbekende Afrikaanse aktrise and koningin van Suid-Afrikaanse Teater, Sandra Prinsloo. Sy het by die openingsaangeleentheid ‘n paar pêrels gedeel oor die belangrikheid van die gemeenskapsteaters soos die van Freek in Railton, Swellendam.

“Teater is ‘n heilige spasie”

Foto: Dor bene – www.facebook.com/TheShackTheatre

“Teater raak jou hart en siel”

Foto: Die reuk van ma – Langeberg Bulletin

“Teater bied ‘n veilige en beskutte spasie vir ons jeug”

Foto: Dor bene – Langeberg Bulletin

“Teater gee jong mense die gevoel dat hul deel is van ‘n gemeenskap”

Foto: Die reuk van ma – www.facebook.com/TheShackTheatre

“Teater is ‘n bron van werkskepping vir plaaslike jeug”

Foto: Agter die skerms – www.facebook.com/TheShackTheatre

“Freek doen ongelooflike baanbrekerswerkondersteun ons plaaslike Shack Theatre.”

Foto: Swellendam Shack Theatre uitverkoop op sy openingsaand – www.facebook.com/TheShackTheatre

Midas

About the author

Elana Theunissen

Leave a Comment