New Year Banner
Municipal Election 2021 Opinion

Sussie maak sin: ‘Repurpose & Recycle’

Poster

Wees gegroet, alle sielvolle Swellendammers!

Al moeg ge’verkies’?  Ek persoonlik dink ek wil nie weer politieke vlaggies vir die volgende 5 jaar sien nie!

Maar ‘n finale woordjie is tog nodig… 

So in die hitsigheid van die verkiesingstryd hoor ek twee kandidate kla oor hul plakkate wat so van die pale af verdwyn, en natuurlik is die eerste gedagte mos dat die kompetisie is besig met onderduimse dinge!  Hmmmmm, wat toe glo nie so was nie.

Dit kom toe uit dat plaaslike hokkiebewoners die plakkate oornag afhaal om in hul hokkies in te bou.

Nou kyk hoe lekker positiewe draai maak dit nou nie!

Noudat die verkiesing verby is, stel ek voor dat alle partye hul plakkate aan hokkiebewoners skenk!  ‘Repurpose & recycle’ meneer die Raadslid! 

‘n Definitiewe Wen-Wen vir almal.

Minder plakkate beland op ons vullishope – lekker ‘thumbs-up’ vir die greenies!

Plakkate maak die hokkies knus, hou koue uit en is lekker waterdig. 

Maar die grootste plus is die verfraaiing… van die hokkietuistes. 

Daar is dekorkleure te kies en te keur (blou, groen, geel, wit, rooi), en jy kan self kies watter portretjie jy in watter vertrek wil hang.  Dalk ‘n Elna in die sitkamer?  Wat van ‘n Donovan by die braai, ‘n Bongani in die slaapkamer of ‘n vrolike Juan in die kombuis?

Meneer die Munisipale Bestuurder, miskien kan jy ‘n toelagie of twee bewillig vir plaaslike herwinning van plakkate en die geniale herverbruik hiervan beloon?

Welkom op planeet Sussie
hier onder die skadu van die Langeberge

waar ek besin oor
die lewe, die liefde en
alle alledaagse allegaartjies..

Lees ook:

Midas

Leave a Comment