News Sport

Nico gereed vir sy 20ste Cape Cycling Tour

Written by Mickey Mentz

Swellendam Apteker het al geval, maar hy sal altyd weer opstaan, uithou en aanhou.

Omstreeks 06:41 moreoggend (Sondag) durf Swellendam Apteek se Nico van der Merwe vir die 20ste keer die Cape Cycling Tour aan.

Hierdie besondere mylpaal is egter een wat hy hom nie te veel aan steur nie, want as sy gesondheid dit toelaat sal hy heel waarskynlik 50 wil voltooi – so baie hou hy van hierdie sport.

Die wedren is egter vir hom, en meeste fietsryers, ‘n geleentheid soos min.

“Daar is ‘n spesiale vibe aan die Argus en dit is seker omdat daar soveel mense van regoor die wêreld daaraan deelneem,” vertel Nico.

*Advertensie

“Almal wat fietsry in die land wil die Argus ry. Dit is die een wat, al ry jy hom net een keer, wil jy hom aftick.”

Hy is een van sowat 30 Swellendammers wat vanjaar aan die verkleinde weergawe van die wedren deelneem. Weens die pandemie is inskrywings van 36 000 na 18 000 beperk.

Gevra watter oomblik vir hom oor die afgelope 19 wedrenne vir hom uitgestaan het het, het hy dadelik oor sy noue ontkoming so paar jaar gelede begin gesels.

“Die een toe ek geval het, beslis”

Nico onthou dat hy 76km/h gery het toe hy en ‘n spul ander deelnemers in ‘n botsing betrokke was – nie baie fietsryers staan op as hulle teen hierdie spoed val nie.

Hy het in ‘n man wat as deel van ‘n tandem span reeds aan sy wonde beswyk het, vasgery en genadiglik het hy nie enige ernstige beserings opgedoen nie – ‘n paar skraapmerke en ‘n gebreekte duim.

“Die adrenalien pomp so hoog en toe ek daar gehelp het om fietse uit die pas uit te kry het ek vir ‘n ander man my fiets se voorwiel aangebied. Sy fiets was ook fodde, maar hy wou toe nie verder ry nie.”

“Ek besluit toe, maar ek gaan nie net hier staan nie en gelukkig kon ek ‘free’ tot by die stalletjie waar hulle fietse regmaak.”

Sy jockey – rat wisselaar – het gebreek en toe was die herstelwerk van so ‘n aard dat hy met slegs een rat teen ‘n slakkepas van Blue Route na Muizenberg gery het.

Hy het by ‘n fietswinkel in Muizenberg gestop en gevra of hulle hom kon help, die keer was hy gelukkig.

“Hulle het gou die fiets vir my opgestel, ek het my ou fiets daar gelos en toe die wedren voltooi. Dit was ‘n wilde dag.”

Gevra hoeveel Argus wedrenne hy nog oor in sy bene oor het:

“Solank as wat ek gesond is, sal ek nog ry.


Die Bulletinspan wens Nico alle sterkte toe vir die wedren! 

Bulletin 20 jaar

About the author

Mickey Mentz

I sometimes dance naked in the canola fields of Swellendam, but when I wake up, I'm at home in my Barrydale bed. As die nuutste toevoeging to the Bulletin span sien ek daarna uit om die omgewing en sy mense beter te leer ken.

Leave a Comment