New Year Banner
News

Brand woed by Bontebokstortingsterrein

Swellendam Brand

Deur Elana Theunissen

Inwoners met akute asemhalingsprobleme gemaan om binneshuis te bly

Op Woensdag, 5 Januarie 2022, het Swellendam Munisipaliteit inwoners gewaarsku oor ‘n brand wat gestig is by die Bontebok Stortingsterrein op die N2, buite Swellendam. 

Overberg Fire Department

Die vuur is toegelaat om beheersd te brand in die organiese afvalafdeling van die terrein.

Na bewering is die brand deur ‘n onwettige afvalverwyderaar gestig. Volgens ‘n ooggetuie by die terrein is die persoon bekend aan die bestuur by die stortingsterrein, maar die vermeende brandstigter het die terrein verlaat en is nie gearresteer nie.

Die ooggetuie het verduidelik dat die vuur redelik groot was. Overberg Distrik Munisipaliteit Brandweerdienste op die toneel het die brand met die terreinvoorlaaier en sand onder beheer gebring.

Munispaledienste personeel was by die terrein om die situasie te monitor.

Die munisipale kennisgewing het Woensdag omstreeks 14:00 op hul sosiale media blad inwoners verwittig van die brand en persone met akute asem-halingskwale aangeraai om binneshuis te bly om enige verdere komplikasies te vermy.

“Die verwagting is dat die brand binne die volgende 2 tot 4 uur geblus sal wees.  Ons vra om verskoning vir die ongerief. Verdere stappe sal teen die oortreder geneem word.”

Teen 16:00 was die vlamme meestal geblus, maar het steeds plek-plek gesmeul.

Wolke rook het oor die stortingsterrein asook oor die Railtongrens by Rondomskrik gehang en brandweer- en munisipale dienswerkers het alreeds die toneel verlaat.

Lees ook:

Midas

Leave a Comment