Featured News

Van veld tot vurk tot burgemeester van Swellendam

Francois Du Rand
Written by Mickey Mentz

Francois Du Rand as waarnemende burgemeester aangestel nadat Nicholas Myburgh bedank het

Nie in sy wildste drome het hy gedink dat sy lewenslange passie om ‘n boobaas sjef wat ‘n gemeenskap bedien daartoe sou lei dat hy later dieselfde inboorlinge van Swellendam as hul burgemeester sou dien nie.

Francois Du Rand (44) is op 10 September as Burgemeester van Swellendam Munisipalitieit (SM) ingehuldig nadat sy voorganger, Nicholas Myburgh, deur die Demokratiese Alliansie (DA) in die parliament aangestel is.

Du Rand het oor die afgelope vyf jaar as deel van die burgemeesterskomitee sy stempel in beide sy infrastruktuur en finansies portefueljes afgedruk en is dus gewoond daaraan om onder groot druk, met beperkte hulpbronne, resultate te lewer.

Hierdie besluit om die munisipaliteit se leierskap te verander het straks nadat die regering aangekondig het dat die munisipale verkiesing op 1 November sal plaasvind, geskied.

Du Rand is slegs weke voor hierdie aankondiging as die DA se burgemeesterskandidaat bekendgestel en sal dus vir eers in ‘n waarnemende kapasiteit sy dien.

Du Rand: Ons wedstrydplan bly dieselfde

Sy doelwit vir die verkiesing verander egter gladnie en die DA sal weer poog om seker te maak dat die party sy meerderheid in die plaaslike raad behou.

“Ek is baie opgewonde om hierdie taak aan te pak en dit is ‘n riem onder die hart om te weet dat daar soveel vertroue in my vermoë is,” aldus Francois Du Rand.

Hy het ter voorbereiding vir hierdie reuse verantwoordelikheid reeds verskeie kursusse voltooi en aan ‘n burgemeesterskandidaat program deelgeneem.

Bokmakiri Bookshop Swellendam
*Advertensie

Du Rand het oor die afgelope vyf jaar as deel van die burgemeesterskomitee sy stempel in beide sy infrastruktuur en finansies portefueljes afgedruk en is dus gewoond daaraan om onder groot druk, met beperkte hulpbronne, resultate te lewer.

‘n Leier wat nie skroom om te help nie

Syfers en strukture is egter nie die enigste aspekte van die man wat van hom ‘n uitstekende burgemeesterskandidaat maak het nie.

Swellendammers sal onthou dat Du Rand gehelp sorg het dat daar sowat 28 000 bakkies sop twee keer per week tydens die eerste twee maande van die 2020 grendeltydperk (hard lockdown) aan die talle werklose mense in die gemeenskap voorsien is.

Skaars ‘n week in sy nuwe pos en daar word reeds skouer aan die wiel gesit

“Ek geniet dit om mense te help waar ek kan en ek is dankbaar vir hierdie geleentheid.”

“Ons het hard gewerk om die dorp te verbeter waar ons kan en dit het jare se bloed, sweet en trane geverg om dinge om te draai, maar daar is hoop en ek hoop ons kan bly bou op die goeie fondasie wat in plek is.”

Du Rand se aanstelling, eers as raadslid en toe as lid van die burgemeesterskomitee, kan as een van talle meesterlike politiese skuiwe van Myburgh beskou word.

Nie net het Swellendam ‘n man aan die stuur wat vetroud is met die nalatenskap probleme wat die munisipaliteit vanwee wanbestuur steeds mee sukkel nie, hy bring ook nuwe energie en ‘n rekord van volharding na die tafel.

‘n Realistiese benadering tot volhoubare groei

Waar die fokuspunt vir DA in Swellendam oor die afgelope vyf jaar ontwikkeling en volhoubare groei was, meen Du Rand dat dit die geheim tot sukses onder die huidige ekonomiese klimaat in die korrekte bestuur van menslike hulpbronne gaan wees.

“Allokasies wat munisipaliteite uit die staatskoffers ontvang gaan verminder en dit beteken dat ons met minder meer gaan moet vermag en daarom is dit so uiters belangrik dat ons die regte mense na ons munisipaliteit lok en aanstel.”

Hy het die DA vir die geleentheid om te dien bedank en belowe dat hy net sy beste vir die derde oudste munisipaliteit in Suid-Afrika sal bly gee.

Lees Ook: Skaars 24 jaar oud en sy is reeds die (waarnemende) skoolhoof van ‘n plattelandse laerskool



Bulletin 20 jaar

About the author

Mickey Mentz

I sometimes dance naked in the canola fields of Swellendam, but when I wake up, I'm at home in my Barrydale bed. As die nuutste toevoeging to the Bulletin span sien ek daarna uit om die omgewing en sy mense beter te leer ken.

Leave a Comment