New Year Banner
Municipal Election 2021 News

Franken wil vasvat met sy vaste vyf plan

Sakkie Franken
Written by Mickey Mentz

Sakkie Franken sal vir die volgende vyf jaar weer as Overberg Distriksmunisipaliteit Burgemeester dien en hy kon hierdie spesiale inhuldigingseremonie in Bredasdorp met sy vrou Lizel, ouers Lula en Christo, kinders Lizzy en Christof asook sy broer Chris deel.

Die wedstryd begin en eindig by die vaste vyf. Dit is hier waar daar ‘n stabiele platform geskep word vanwaar die mooi manne (die agter-spelers) die drieë kan druk, so dit is dus uiters belangrik dat die vaste vyf as ‘n span saamwerk.

Volgens Overberg Distriksmunisipaliteit (ODM) Burgemeester, Sakkie Franken rus die verantwoordelikheid om ‘n ommekeer in die distriks-ekonomie te maak op die skouers van die vyf burgemeesters wat deur sy munisipaliteit en die munisipaliteite van Swellendam, Cape Agulhas, Overstrand en Theewaterskloof verteenwoordig word.

Indien daar eenheid in die enjinkamer is kan enige iets vermag word, meen Franken.

Specsavers
*Advertensie

As vaskopstut is dit egter Franken se taak om die skrums te anker – die vasskop is beswaarlik die belangrikste posisie op die rugbyveld – en hy het belowe om saam met die res van die voorspelers die behoeftes van die gemeenskap in sy geheel eerste te plaas.

Dit was sy uitgangspunt tydens sy eerste termyn en dit het nie verander nie.

Die wedstrydplan wat hul gaan volg is ook eenvoudig. Franken weet dat daar ook op Distrikvlak met minder fondse meer verrig moet word en dat daar van die beplanningsfase tot uitvoering van projekte samewerking tussen verskeie afdelings van die regering sal moet wees.

“Ek kan hierdie nie genoeg beklemtoon nie. Samewerking gaan uiters belangrik wees tussen munisipaliteite en ook die nege departemente op provinsiale vlak.”

Behalwe vir ‘n strafskop wat deur sy Munisipale Bestuurder tydens die eerste helfte afgestaan is, was die inhuldigingsseremonie wat op 6 Desember in Bredasdorp plaasgevind het ‘n sukses.

Drie belangrike punte

Terug op die veld het hy  werkskepping as een van sy top drie prioriteite bevestig.

“As ons nie werk gaan skep nie en die privaatsektor gaan help met die ekonomiese herstel wat benodig word nie, gaan ons vasval.”

Sy tweede groot fokuspunt oor die volgende jaar gaan die veiligheid en die sekuriteit van inwoners wees.

“Ons sal saam met die provinsiale regering en ons gemeenskappe moet werk om misdaad hok te slaan. Ek word naar op my maag as ek van ‘n moord hoor of lees. Dit moet stop.”

Swellendam Buurtwag
*advertensie

Sy derde prioriteit gaan wees om na die menswaardigheid van alle inwoners om te sien.

Franken se siening is dat indien daar na die welstand van mense omgesien word en daar geleenthede vir verbetering en groei geskep word, dit ‘n algehele positiewe uitwerking tot gevolg sal hê.

Hy glo ook dan dat sy munisipaliteit aan hierdie drie punte gemeet moet word.

Ter afsluiting het hy uitgewys dat daar voortaan slimmer en nie harder gewerk moet word nie.

Lees ook:

Midas

About the author

Mickey Mentz

I sometimes dance naked in the canola fields of Swellendam, but when I wake up, I'm at home in my Barrydale bed. As die nuutste toevoeging to the Bulletin span sien ek daarna uit om die omgewing en sy mense beter te leer ken.

Add Comment

Leave a Comment