Bulletin Buzz podcasts
Community News

Niks kry hierdie toekomstige Onderwyser onder nie

Top

Deur Johny Toerien

2021 Toppresteerder by Swellendam Senior Sekondêr, Daniel Kees, is vasbeslote om ‘n verskil te maak. En dit het alreeds met homself begin.  

Daniel, ‘n boorling van Swellendam, het in die pas afgelope eksamen met nie minder as vier onderskeidings sy skoolloopbaan afgesluit nie. Dit was nie altyd maklik nie, maar met ‘n wil om goed te vaar, kon hy hom uitstekend van die taak kwyt.  

Hy hoop om ook eendag hom verder as ‘n  Sosiale Werker te bekwaam.  

Daniel vertrek eersdaags na Wellington waar hy aanvaar is om die B. Ed graad te verwerf. 

Sy gunsteling vak is Lewens Wetenskappe.  Hy hou by sy leuse: Daar is geen prestasie sonder vriendelike kompetisie nie. 

Met ‘n uitkyk soos syne: ‘Do not go through Life… Grow through life’ kan ons nog baie van die jongman verwag. 

Die 2021 TOP 5 KANDIDATE van Swellendam Senior Sekondêr, Daniel Kees, Marlon Slinger, Yasmin Witbooi, Isaac Witbooi en Jesmaine Manho is alreeds by hul onderskeie tersiêre inrigtings opgeneem.

Die groepie is beslis jongmense wie se vordering dopgehou behoort te word. 

Hul wens die matrikulante van 2022 alle voorspoed toe met hul finale jaar.

Lees ook:

Leave a Comment