Bulletin Buzz podcasts
Community News

Kersfeeskore in Suurbraak steel harte op 1 Mei

'Young Christians Xmas Choir' kompetisie - Suurbraak

E Theunissen; 03 Mei 2022

Die ‘Young Christians Xmas Choir’ kompetisie was op Sondag, 1 Mei 2022, by die Suurbraak Sportgronde aangebied as deel van ‘n klompie nie-amptelike Kersfeeskompetisies vir 2022.

Te oordeel aan kommentaar van Collin Hopley op die ‘Christmas Bands in South Africa’  was die kompetisie en deelname uit die heel boonste rakke.

Van die orkeste wat gesien was op die dag was onder andere die Young Christians van Suurbraak (wat die kompetisie gereël het), die Young Coronations, The Fleet, The Young Royal Shephards en ook The Southern Crusaders.  Die geleentheid was goed ondersteun met vele belangstelling, ook plaaslik, en Suurbraak se gastehuise was vol bespreek.  Sommige toeskouers en deelnemers moes selfs in Swellendam tuis gaan.

Die solo beoordelaars van die kompetisie was mnre Heinrich Daniels en Victor Edom. Verskeie optredes was lewendig gedeel op sosiale media.

Sê Raadslid Donovan Julius: “‘n Heuglike naweek word afgerond met ‘n amazing vriendskaplike band kompetisie!  Baie dankie aan die Young Christians vir die suksesvolle event. Dit is wonderlik dat ons kinders sulke amazing geleenthede kry om hul talente uit te leef!”

Leave a Comment