New Year Banner
News Opinion

SPOONIE: Demokrasie op sy beste?

Spoony

Skielik bevind die jong Suid Afrikaanse Demokrasie homself in ‘n posisie waar koalisie-regeringswyse aan die orde van die dag is.

Die skande is dat niemand daarin kan slaag om ‘n koalisie-regering te laat werk nie.

Dit wil voorkom asof niemand verstaan hoe ‘n demokrasie te midde van koalisie-politiek moet werk nie. Die lot kan nie mekaar vertrou nie.

Hoeks Bakwerke
*Advertensie

Het die ANC dalk vir té lank geregeer en alle amptelike poste beklee en al die werk gedoen? Dit wil dan nou voorkom asof die land se partye, wat al die jare opposisiebanke warmgehou het en gekritiseer het en teen alles gestem het, nou nie weet hoe om uitvoerende politiek te speel nie.

Skielik gaan die opposisiepolitici nie net elke dag kantoor toe om te kyk hoe hy nog stemme van die ANC kan wegrokkel nie. Nou moet hy opstaan om na ‘n kantoor te gaan waar hy moet toesien dat dienste gelewer word. Nou moet hy gaan doen wat hy aan die publiek belowe het, naamlik om te gaan dien.

Die land se demokrasie het dusvêr daaroor gehandel hoe om die ANC uit die kussings te lig. Nou moet die lot begin lei en dien en hulle kry dit nie reg nie!

Kyk ons egter na die aard van die koalisie-samesprekings tussen partye, veral in die groot stede van die land, lyk dit nie of die politici daarin kan slaag om saam te werk nie.

Almal stem saam dat die swak bestuur oor die afgelope jare soos ‘n berg voor hulle lê. Almal sukkel met konstante kraglewering, om nie eens van die betaling van agterstallige ESKOM-rekeninge te praat nie!

Almal stem saam dat swak paaie herstel en behoorlik in stand gehou moet word.

Almal stem saam dat korrupte departemente skoongemaak moet word en dat misdadigers ontmasker en vervolg moet word.

Almal stem saam dat dit uiters belangrik is dat skoon water tot by elke kraan geneem moet word en dat die agterstand in instandhouding uitgewis moet word.

Almal stem saam dat die handhawing van wet en orde ononderhandelbaar is. Almal stem saam dat stiptelike vullisverwydering en die bestuur van die afval behoorlik en volgens regulasie gedoen moet word.

En so kan ek nog sake noem waaroor alle politici van alle partye eenhonderd persent saamstem. Hulle verskil oor niks! So wat is dan die probleem dat hulle so sukkel?

Specsavers
*advertensie

As hulle die ANC-rade met nuwe koalisievennote wil vervang, moet hulle bloot hul sakrekenaars neem en tel totdat die ANC behoorlik in die minderheid is en hul kragte saamsnoer en as nuwe raad konstitueer.

Koalisieregering is Suid-Afrika se voorland vir die volgende ten minste 20 jaar totdat ‘n nuwe party (dalk nog een van die huidige partye) na vore getree het as die sterkste party wat oral algehele meerderhede vorm.

Wat hulle nou keer om saam te werk is persoonlike geskille en ou koeie. Baie van die klein nuwe partye is gestig deur wegbrekers van die ANC en die DA en hulle is nog steeds kwaad vir mekaar.

In plaas daarvan dat hulle na die groot prentjie en die uitdaging voor hande kyk, stry hulle opnuut oor die redes waarom hulle destyds vir mekaar kwaadgeraak het. Nou hoe op dees aarde kan hulle hulself politieke leiers noem?

Dit wil tog voorkom asof vandag se politieke leiers net in die politiek is vir die mag, aansien en geld. (Ek staan by my opinie oor politiek en rykdom: ‘n Politikus wat ryk geword het, is ‘n skelm.)

Iemand het eendag, na aanleiding van predikante wat die kansel vir die politiek verruil, gesê: ‘n Politikus is ‘n eertydse predikant wat dit nie in die bediening gemaak het nie, en toe gaan versekering verkoop het, en toe dit ook nie werk nie, toe gaan hy parlement toe.

Lees ook:

Midas

Leave a Comment