Bulletin Buzz podcasts
Crime News

Railton man sterf in liefdesdriehoek

crime

‘n 40-jarige man het gesterf nadat ‘n liefdesdriehoek vermoedelik suur uitgedraai het.

Deur Elana Theunissen

‘n 40-jarige man het verlede week gesterf nadat ‘n liefdesdriehoek vermoedelik suur uitgedraai het.

Die voorval het op 7 Januarie in Siegelaarstraat, Rondomskrik, Railton plaasgevind.

Swellendam Buurtwag

Volgens Swellendam SAPS woordvoerder, Adjudant Offisier Marlene Hartzenberg, het die polisie omstreeks 21:00 daardie aand op ‘n aanrandingsklagte gereageer.

“Met SAPS aankoms by die toneel het ‘n bebloede manspersoon op die grond in die pad gelê. Die ambulans het opgedaag en die persoon is as dood gesertifiseer,” het Hartzenberg gesê.

‘n 33-Jarige man is kort daarna gearresteer.

Die Bulletin op 9 Januarie aanlyn berig dat die 40-jarige slagoffer in die huis van ‘n vriendin waar hy tuisgegaan het, deur ‘n man aangeval is.

Wes-Kaap SAPS woordvoerder, Sersant Christopher Spies, het bevestig dat die aanval in die straat buite die huis plaasgevind het. Die slagoffer het daar met ernstige kopbeserings ineen gesak. Die man is later deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Spies het verder bevestig dat die motief vir die moord deel van die polisieondersoek vorm.

Gemeenskap geskok oor gebeure

Die Bulletin het intussen van ‘n betroubare bron verneem dat die struweling vermoedelik aan ‘n jaloesie-gedrewe liefdesdriehoek toegeskryf kan word.

Inwoners beweer dat ‘n getroude man van Rondomskrik, Vrydagaand ingelig is dat die vrou met wie hy in ‘n vorige verhouding betrokke was, aanbeweeg het. 

Na bewering het die man van sy huis na die vrou se huis gestorm en ‘n onderonsie het tussen die twee mans ontstaan.  Die aanranding, wat in die huis ontstaan het en later ook in die straat voortgesit is, het na die slagoffer se dood gelei.

Die verdagte het Maandag, 10 Januarie 2022 in Swellendam landdroshof verskyn en is tans nog in hegtenis.

Lees Ook:

Leave a Comment