New Year Banner
Municipal Election 2021 News

Meet my op my dade, nie my woorde nie – Swellendam Burgemeester Francois du Rand

Francois Du Rand
Written by Mickey Mentz

Die Bulletinspan kyk terug na die onlangse verkiesing waartydens die DA se steun in Swellendam gegroei het

Hy was beslis nie die voorsitter tydens sy hoërskool se redenaars-aande nie. Hy het ook nie ‘n A+ vir gedramatiseerde prosa of voordrag tydens die streek eisteddfod gewen nie.

Neewat, Swellendam Burge-meester, Francois du Rand is nie jou tipiese politikus wat mense met gevleuelde woorde opsweep nie.

Hoeks Bakwerke
*advertensie

Hy stel baie meer in resultate belang en hy het verlede maand, tydens sy eerste publieke toespraak by die Swellendam Rugbyklub dit reeds duidelik gemaak dat hy reg is om sy moue op te rol en aan die werk te spring.

“Die van julle wat my ken, of dan nie ken nie, ek is ‘n man wat dinge gedoen kry en ek is die eerste diensbare leier van Swellendam. Ek kan miskien nie so mooi praat nie, maar ek kan blerrie baie goed gedoen kry en met julle hulp en die hulp van die raad kan ons saam Swellendam vorentoe laat beweeg.”

Dit was die woorde waarmee Du Rand sy toespraak afgesluit het. Regdeur sy toespraak kon die handjievol inwoners wat by hierdie Covid beperkte byeen-koms toegelaat is, die gevoel kry dat die verantwoordelikheid wat op sy skouers rus enorm is.

Du Rand en sy raad beloof om ekonomiese herstel oftewel ‘n finansieel volhoubare munisi-paliteit, ‘n werklikheid maak. Hy hoop om ‘n baie professionele administrasie te bestuur en hy gaan homself daarop toespits om te verseker dat die gemeenskap kry waarvoor hul betaal.

“Ons gaan definitief wêreldklas dienste lewer, ons doen dit al reeds. Ons munisipaliteit is ‘n baken van hoop en natuurlik gaan ons sorg dat ons Swellendam aanloklik vir beleggers maak.”

Hy sou egter nie in die politiek gewees het as hy nie idealisties was nie en op daardie front het Du Rand sy weer klem op die stigting van ‘n ambagskool gelê.

“Ons moet ‘n toekoms en werksgeleenthede vir jongmense skep en daar is ‘n internasionale tekort aan ambagsmanne.”

Du Rand het sy mede raadslede met hul suksesvolle verkiesing tot die raad geluk gewens en na afloop van ‘n vurige veldtog om stemme te werk, blyk dit of die drie partye wat in die raad verteenwordig word, mekaar sal ondersteun.

ANC Raadslid Julian Matthysen het belowe dat sy party wel die DA op hul tone sal hou, maar hy het ook belowe dat die belange van al Swellendam se inwoners belangriker as enige politieke orientasie beskou sal word.

Matthysen het sy kiesers vir hul ondersteuning bedank en nes Du Rand, die raad alle voorspoed toegewens.

Wat toesprake aanbetref het Juan van Schalkwyk die geskied-kundige eerste VF Plus setel met ‘n indrukwekkende, passievolle toespraak bevestig.

Hy het godsdiens as die kern van sy party se beleid onderskryf en weer belowe dat die VF Plus ‘n waghond vir die belastingbetaler sal wees.

“Ons moet ons verskille tersyde stel en sodoende sorg dat hierdie dorp soos ‘n goed geoliede masjien loop,” het Van Schalkwyk tydens sy amptelike toetrede tot plaaslike politiek gesê.

Dit was die begin van ‘n nuwe era en dit wil voorkom of Du Rand en sy span gereed is om verkiesingswoorde in resultate te omskep.

*Hierdie artikel het isgedurende November in die gedrukte weergawe van die Langeberg Bulletin gepubliseer.

Lees ook:

Midas

About the author

Mickey Mentz

I sometimes dance naked in the canola fields of Swellendam, but when I wake up, I'm at home in my Barrydale bed. As die nuutste toevoeging to the Bulletin span sien ek daarna uit om die omgewing en sy mense beter te leer ken.

Leave a Comment