New Year Banner
Municipal Election 2021 News

Swellendam stembrief-smokkelaar op heterdaad betrap

Lydia Pike
Written by Mickey Mentz

Polisie, OVK beamptes tree spoedig op

‘n Persoon wat vroeg vanoggend stembriewe by die stemlokaal in Wyk 4 Railton, wou uit smokkel is weens flink werk deur Swellendam SAPD en die Onafhanklike Verkiesing Kommissie (OVK) op heterdaad betrap.

“Hier was kansvatters, maar ons het hulle gou uitgesorteer, het OVK Voorsittende Beampte Lydia Pike aan Die Bulletin verduidelik.

Die persoon het glo die stembriewe uit geneem na hul voertuig sodat ‘n famielid daar kon stem.

Gelukkig was die polisie op die toneel en daar is aan die persoon verduidelik dat hy/sy vooraf van die spesiale stem geleenthede gebruik moes maak.

Die Railton Gemeenskap Saal is egter baie toegangklik gebou en die persoon kon later sy/haar demokratiese reg om te stem uitoefen.

“Ons het hierdie onderonsie in die kiem gesmoor,” vertel Pike.

Intussen het Frans Swart, OVK Voorsittende Beampte in Barrydale, sy tevredenheid oor die opkoms van kiesers in sy gebeid uitgespreek.

Swart kon ook bevestig dat daar geen insidente was nie en dat die Fort Haven Saal in Smitsville stiptelik om 07:00 oopgemaak het.

Frans Swart, Barrydale

“Ons weet dat baie kiesers nog werk, al is dit ‘n vakansiedag, maar ons is tot 9uur hier,” aldus Frans Swart.

In Suurbraak het OVK Voorsittende Beampte Cathrine Marais ook van goeie samewerking tussen die onderskeie politieke partye getuig.

‘n Los bui reën het sake rondom etenstyd bemoeilik – die Demokratiese Alliansie (DA) se tent is byna daarmee heen – maar andersins was dit ‘n rustige dag op Suurbraak.

Cathrine Marais, Suurbraak

By die stemlokaal by Swellendam Hoërskool het OVK Voorsittende Beampte Michelle Saayman die laer as verwagte opdagsyfer aan die reën toegeskryf en sy kon nes (meeste van) haar kollegas wat by die ander stemlokale diens gedoen het, geen insidente rapporteer nie.

MIchelle Saayman, Swellendam

Die lokale is tot 21:00 vanaand (1 November) oop waarna daar in alle erns met die tel proses begin sal word.

Die uitslae sal vroeg moreoggend bekend gemaak word.

Midas

About the author

Mickey Mentz

I sometimes dance naked in the canola fields of Swellendam, but when I wake up, I'm at home in my Barrydale bed. As die nuutste toevoeging to the Bulletin span sien ek daarna uit om die omgewing en sy mense beter te leer ken.

Leave a Comment