09 Maart 2022
Barrydale – Omstredenheid het Wyk 2 verkiesings op 22 Februarie 2022 omring nadat Buurtwag Voorsitter, Charles Payne, in reeks boodskappe op geselsgroepe in Barrydale die organiseerders van die wykskomiteeledeverkiesings beskuldig het dat die proses gemanipuleer was.
Langeberg Bulletin korrespondent in Barrydale, Mickey Mentz, het op 24 Februarie berig dat, volgens Payne, nadat die stemme getel was, die Wyksraadslid en Onderburgemeester, Michael Pokwas, voorkeur gegee het aan drie kandidate wat minder stemme gewerf het as die top 10 verkose lede. Die kandidate wat meer stemme verwerf het was Hannette Cooke, Alan Hardakar en Schalk Windt.
Munisipale Bestuurder, Anton Groenewald, het op 8 Maart sy bevindinge rakende die omstrede proses bekendgemaak en verklaar dat dit sy finale besluit en aanbeveling is met betrekking tot verkose lede vir Wyk 2:
“Dit is nie dikwels dat ’n gemeenskap sy stem lig om in munisipale prosesse verteenwoordig te word in die wyse waarop gemeenskapslede van Wyk 2 gedoen het nie.
Terwyl ons poog om inklusiewe en verteenwoordigende gemeenskappe te bou, moet ons ook gedagtig wees op uiteenlopende stemme. Ons het gelukkig deeglike prosesse wat die toets kan deurstaan, ongeag die standpunte van uiteenlopende stemme.

Dit is op grond van hierdie spesifieke kwessie dat die ondergemelde besluit saamgestel is. Ten einde die instelling se benadering tot die betrokke kwessie te rig, word daar uitvoerig verwys na die munisipale Beleid oor die Instelling van Wykskomitees, naamlik:
Artikel 8 Samestelling van die Wykskomitees bepaal:
8.2 Prosedure vir die verkiesing van lede moet vroue en die noodsaaklikheid van diversiteit in ag neem
8.3 Geslagsgelykheid
8.4 Wykskomitee kan ’n sekretaris aanstel…
8.5 Wyksraadslid kan ’n lid afvaardig om in sy/haar teenwoordigheid as voorsitter op te tree…
8.6 Wykskomitee kan subkomitees instel…
8.7 Wykskomitees en subkomitees kan gesamentlik as ’n wyksforum vergader…
8.8 Alle belanghebbendes word aangemoedig om deel te neem aan subkomitees wat met hulle belangstellingsveld en daaglikse aktiwiteite verband hou…
Artikel 9 Verkiesingskriteria
Artikel 10 Verkiesingsprosedure
10.1.1 Die munisipaliteit nooi organisasies wat een van die volgende belangegroepe verteenwoordig, uit om as ’n verteenwoordiger van die betrokke belangegroep te registreer:
- Godsdienste organisasies
- Vroue-organisasies
- Jeugorganisasies
- Burgerlike of belastingsbetalersorganisasies, landbouverenigings of landelike organisasies
- Organisasies betrokke by arbeid
- Sport – en kultuurorganisasies
- Organisasies betrokke by onderwys
- Besighede
- Welsyns-, gesondheids- en nieregeringsorganisasies
10.1.2 Registrasies kan by die Munisipale Bestuurder ingedien word.
10.1.3 Elke belangegroep sal deur een (1) lid, genomineer deur die groep, op die wykskomitee verteenwoordig word.
10.2 Verkiesingsprosedure vir wyke met te min verteenwoordigende belangegroepe
10.2.1 Elke belangegroep sal deur een (1) lid of tot ’n maksimum van drie (3) lede, soos bepaal deur die Speaker, verteenwoordig word.
10.2.2 Die wyksraadslid belê ’n vergadering in die wyk vir die verkiesing van ’n wykskomitee;
10.2.3 Geïdentifiseerde organisasies nomineer ’n verteenwoordiger of verteenwoordigers in elke belangegroep.
10.3 Die volgende verkiesingsprosedures geld:
10.3.1 Die wyksraadslid en kantoor van die Speaker moet ’n skedule van vergaderings vir verkiesingsdoeleindes koördineer;
10.3.2 Die wyksraadslid en administratiewe assistent (indien van toepassing) moet toesien dat:
- vergaderings ten volle verteenwoordigend is van bykans alle belanghebbendes in die wyk, hoewel geen kworum vir die verkiesings vereis word nie;
- ’n bywoningsregister voltooi word;
- alle persone wat deelneem, geregistreerde kiesers van daardie wyk is; en
- vrouens billik verteenwoordig word.
Met betrekking tot die verloop van gebeure:
Die aand van die wykskomiteeverkiesings is ’n aantal administratiewe besluite ter goeder trou geneem wat tot ’n onakkurate uitkoms kon gelei het, naamlik dat geen nominasievorms vir sektore ingedien is saam met die vereiste bewys dat die nominerende organisasie dit na behore gedoen het vir alle afgevaardigdes wat organisasies verteenwoordig het nie.
Dit was die eerste fout aan die organisasie se kant en die impak daarvan word verder in die verslag gesien.
Naam | Nr. | Stemme getel | Stemme geoudit |
Renaldo Claasen | 1 | 80 | 80 |
Conroy Williams | 2 | 75 | 75 |
Daniel Southey | 3 | 67 | 67 |
September Edian Fortuin | 4 | 64 | 65 |
Joana van der Merwe | 5 | 59 | 59 |
Elton Esau | 6 | 58 | 58 |
Hannette Cooke | 7 | 57 | 58 |
Charles Payne | 8 | 58 | 59 |
Alan Hardaker | 9 | 54 | 54 |
Schalk Wind | 10 | 50 | 49 |
Marilene Pokwas | 11 | 49 | 49 |
Joggom Tallies | 12 | 47 | 47 |
Jacolin Windvogel | 13 | 47 | 47 |
Vernon Snyders | 14 | 44 | 44 |
Terri Leppan | 15 | 42 | 42 |
Gert Olivier Muller | 16 | 40 | 41 |
Ferdinand Jacobus du Toit | 17 | 41 | 41 |
Abrie (Willem Abraham) Vermaak | 18 | 33 | 33 |
Karools Pieterse | 19 | 32 | 32 |
Elsina Jacobs | 20 | 26 | 26 |
TOTALE BYWONERS | |||
STEMME UITGEBRING | 1023 | 1026 |
Op grond van die aftellingsbeginsel wat gebruik is, word die eerste 10 kandidate na behore as wykskomiteelede verkies.
Renaldo Claasen | 1 | 80 | 80 |
Conroy Williams | 2 | 75 | 75 |
Daniel Southey | 3 | 67 | 67 |
September Edian Fortuin | 4 | 64 | 65 |
Joana van der Merwe | 5 | 59 | 59 |
Elton Esau | 6 | 58 | 58 |
Hannette Cooke | 7 | 57 | 58 |
Charles Payne | 8 | 58 | 59 |
Alan Hardaker | 9 | 54 | 54 |
Schalk Wind | 10 | 50 | 49 |
Deur middel van die demokraties verkose metode van ‘die meeste stemme eerste’, maak dit dan op grond van ’n eenvoudige aftelling die wykskomitee uit.
Onderburgemeester Pokwas het aangedui dat hy die volgende voorstel vir oorweging voorgelê het en dat dit nie ’n eensydige besluit is wat geneem is nie, maar eerder een wat hy graag op ’n nuwe gemeenskapsvergadering wil voorlê wat vir 15 Maart 2022 geskeduleer is.
Organisasie | Naam en van | Uitkoms |
Kerke | Ferdinand du Toit | 41 |
Gert Olivier Muller | 40 | |
Jeug | Elton Esau | 58 |
Bejaardes | September Aidan Fortuin | 64 |
Joggem Tallies | 47 | |
NGW | Alan Graham Hardaker | 54 |
Charles Payne | 58 | |
Landbou | Karools Pieterse | 31 |
Daniel Southey | 67 | |
Vernon Snyders | 44 | |
Vroue | Marilene Pokwas | 49 |
Hospies | Joana van der Merwe | 59 |
Sport | Jacolin Windvogel | 47 |
Met die hersiening van die wyksraadslid se besluit merk ek as Munisipale Bestuurder op dat die bogemelde agt genomineerdes drie individue insluit wat minder as die aftellingsyfer is.
Dis belangrik om daarop te let dat nie een van hierdie agt individue gevra is om bewys te lewer van hulle nominasies deur hulle onderskeie sektore nie. Dit stel opsig self ’n dilemma voor aangesien dit ’n vereiste is wat in die Beleid oor die Instelling van Wyke verskyn. Dit daar gelaat, moet die volgende nog besluit word.
Die keuses beskikbaar aan die Administrasie is soos volg:
- Die hele proses word ongeldig verklaar en ’n nuwe verkiesingsproses vir wykskomiteelede vind plaas in ooreenstemming met al die voorskrifte van die Wet en dié van die munisipale Beleid oor die Instelling van Wyke wat binnekort gewysig word.
- Aanvaar die wyksraadslid se voorstel vir drie addisionele individue wat nie volgens die aftellingsbeginsel ingesluit sou word nie, en aanvaar dat al agt individue wat genomineer is, organisasies sal verteenwoordig wat hulle na alle waarskynlikheid nie gekies het nie.
- Aanvaar die aftellingsbeginsel as die top 10 kandidate en benoem hulle as die behoorlik verkose wykskomiteelede.
- Stel voor dat al 20 lede (10 as gewone lede en 10 as gekoöpteer) as ’n wykskomitee vir Wyk 2 ingesluit word. Hoewel daar in die beleid en Wet vir slegs 10 lede voorsiening gemaak word, noodsaak ’n unieke situasie dit as ’n beste alternatief wat nie verteenwoordiging uitsluit nie en dus is die ander 10 gekoöpteerde lede.

Geen ander gemeenskap het soveel belangstelling getoon om op wykskomitees verteenwoordig te word nie.
Op die ou end is die vierde opsie die voorkeuropsie aangesien dit meer belange en ’n meer diverse verteenwoordiging sal beteken. Hierdie besluit bly van krag tot tyd en wyl die gewysigde Beleid oor die Instelling van Wykskomitees deur die Raad goedgekeur word.
Sóveel belangstelling in wykskomitees is tot hede in my dienstyd by die munisipaliteit nooit voorheen deur organisasies of inwoners getoon nie. Ek het dus geen aandag aan nuusdraery of grondlose aantygings geskenk nie, aangesien dit eenvoudig niks bydra tot die besorgdhede wat aan my oorgedra is nie.
Ek vertrou dat die tussenoplossing vir almal aanvaarbaar sal wees.
Bywoningsgelde sal betaal word aan alle wykskomiteelede wat formele wykskomiteevergaderings bywoon.
Hierdie verslag maak my finale besluit en aanbeveling uit met betrekking tot die verkiesing van wykskomiteelede vir Wyk 2.
Hoewel daar ’n verbintenis was tot tydlyne vir ’n reaksie op ’n navraag, eie aan al my ander dagboekverpligtinge, is daar opregte waardering vir almal se geduld omdat dit langer geneem het as wat oorspronklik gekommunikeer is.”