Bulletin Buzz podcasts
Community News

Noodlottige ongeluk knip die lewensdraad van ‘n bejaarde

Philda Oktober noodlottige ongeluk - 19 Februarie 2022

Johny Toerien; 23-02-22

“Dit was die laaste ding wat ek verwag het om te hoor.” Die woorde van Maria Oktober. Die hartseer lê vlak in haar stem terwyl sy vertel van die noodlottige Saterdag , 19 Februarie 2022. Ons sit ‘n oomblik in gewyde stilte terwyl sy gedagtes bymekaar kry.

“Die polisie het hier by my opgedaag en verklaar dat my skoonsus, die 66-jarige Philda Oktober deur ‘n taxi omgery is”.

Sy is Swellendam hospitaal toe geneem waar die dokters alles in hul vermoëns gedoen het om haar lewe te red. Helaas het sy die stryd verloor en aan haar wonde beswyk.

Forensies is ook ingeroep vir hul standaardondersoek by die ongelukstoneel, asook op die liggaam van die oorledene.

Die ongeluk, waarby ‘n taxi  betrokke was, het blykbaar in die straat by USAVE Swellendam plaasgevind.

Swellendam Buurtwag

Omstanders was geskok oor die tragedie wat voor hul oë afgespeel het…

‘n Familielid vertel hy was in die poskantoor ten tyde van die ongeluk toe hy hoor van die vrou wat omgery was. Hy het gaan kyk en het dadelik die oorledene se kopdoek herken.

Dit bly ‘n hartseer en groot verlies om ‘n geliefde aan die dood af te staan.

Die familie sê hulle berus by die feit dat dit ‘n ongeluk was.

LEES OOK:

Leave a Comment