‘Die Swellendam Munisipale Raad, faal die gemeenskap van Swellendam, tydens die uitvoer van hulle pligte, as wetgewende verteenwoordigers van Plaaslike Regering.
Reeds oor die jare word daar gepleit, dat die Raad se beleid met betrekking tot grond bestuur, hersien moet word. In die huidige vorm is daar geen kans, dat die Raad enigsins die trippel uitdaging van Armoede, Ongelykheid en Werkloosheid sal kan aanspreek.
Die Raad se besluit, om voort te gaan, om die gedeelte grond grensend aan Laerskool Bontebok, vir besigheidsdoeleinde te vervreem, was ‘n uiters swak besluit.
Waarom word dit nie, met die grond van Bontebok Laerskool en die van die huidige Railton Sportsgrond gekonsolideer nie? Met so ‘n besluit van oordrag en konsolidering, kan ‘n ruim sport kompleks, tot voordeel van die Railton Skole ontwerp word. Enige tender om dit as besigheidsgrond te vervreem, sal ongelykheid aanmoedig, buitelanders sal oorneem en plaaslike entrepreneurskap sal in die proses versmoor word.
Soos in die verlede vra ek, beveel ek aan, plaas vir 12 maande ‘n moratorium op die vervreemding van alle meentgrond. Gedurende hierdie 12 maande kan die agtergeblewe gemeenskap verskeie modelle van vennootskappe oorweeg, beplan en aangaan.
Ek pleit by die Raadslede. Oorweeg asseblief hierdie skywe in die gees van regstellinde aksie.’
Die uwe Marthinus Pieterse

No Comment! Be the first one.