Bulletin Buzz podcasts
Crime News

Plaaslike 8-jarige leerder verkrag 

Crime

Deur Elana Theunissen

‘n Agt jarige laerskool leerling van ‘n plaaslike skool is na bewering verkrag deur ‘n persoon wat aan haar familie en die skoolbestuur bekend is. 

Swellendam SAPS woordvoerder AO Marlene Hartzenberg het aan die Bulletin bevestig dat ‘n saakdossier van verkragting geopen is. 

‘n 49-jarige man is inhegtenis geneem en het Woensdag, 9 Februarie, in die plaaslike hof verskyn. 

Hartzenberg verduidelik wat ouers, onderwysers en familielede te doen staan wanneer die vermoed bestaan dat u kind of minderjarige persoon seksueel aangerand of verkrag is.  

Die prosedure verloop as volg: 

Enige verkragting / poging tot verkragting en / of enige seksuele molestering saak kan by die SAPD aanklagkantoor aangemeld word.  Die nommers om te skakel is 028-5148104/5 of die noodnommer 10111.

Na aanmelding word sake na ondersoekeenhede verwys vanuit die aanklagkantoor.  

Alle slagoffers van gewelds-misdade soos verkragting, aanranding en gesinsgeweld, word gespreek in ons plaaslike slagoffers-kamer (nie in die aanklag-kantoor by die normale toonbank nie) in ons stasie.

Hierdie vertrek is ingerig om veral met kinders te werk, dit is kindervriendelik met sketse teen die mure, speelgoed, inkleurboeke en kryte sodat slagoffers gemaklik kan wees en nie verder getraumatiseer word deur baie uniformlede rondom hulle nie.   

Ons het ook onmiddellik slagofferberaders wat teenwoordig kan wees met slagoffers indien  dit so verkies word.   

Direk na aanmelding van ‘n verkragtingsaak, word slagoffers medies ondersoek.   

Indien slagoffers onder die ouderdom van 18 jaar is, word dit deur SAPS gerapporteer aan die maatskaplike dienste wie in die area werk waar die slagoffers woon sodat berading gebied kan word aan slagoffers en hulle naastes.   

Indien slagoffers te jonk is word forensiese sielkundiges ingespan om hulle verklarings te neem. Hierdie dienste is slegs in Worcester beskikbaar, maar ondersoekbeamptes neem slagoffers vir die dienste.

Ons het ook toegang tot ‘n trauma speelkamer by ons plaaslike maatskaplike dienste se kantoor waar kinders deur middel van speelterapie ondervra word in veral seksuele molesteringsake.

Lees ook:

Leave a Comment