Prins moker T20 100 en Jeandre 92!
Theo Gertse – Swellendam Krieketklub; 29 Januarie 2025
Swellendam krieketklub se Riders was in ‘n omgekrapte bui in hul T20 stryd met Touwsrivier 2. Die Riders het eerste gekolf en ‘n REKORD T20-telling van 246/2 gemoker. Maruis Prins (112 nie uit) het die 2de Kolwer geword vir Swellendam om ‘n T20 100 te behaal. Jeandre Evertson (92) was op die drumpel om ook geskiedenis te maak. Hulle slaan ‘n openingsvennootskap van 224!!!
Die twee kolwers het die bal van hoek tot kant gemoker!
Maruis het 13 viere en 5 sesse gemoker en Jeandre 15 viere! Die Riders boul Touws 2 uit vir net 92 lopies met Kaptein Ruan 4/15.
Die Riders speel komende Saterdag teen Worcester Victorians en kan met ‘n sege die semi- finale haal!
Die Kings het Mbekweni met 7 paaltjies geklop in ‘n warm Paarl. Mbekweni is vir 63 lopies uitgehaal met Mario 4/6. Ysters (20 nie uit) was nog voor die penne toe die wenlopies aangeteken is. Die Kings is steeds sterk in die Promosie A Liga met 40 punte agter Hermanus. Die Kings geniet ‘n los looitjie komende Saterdag.
1ste foto: Prins T20 100!
2de foto: Prins en jong Jeandre 224 vernootskap!

No Comment! Be the first one.