Swellendam is in rou oor die afsterwe van ‘n ongelooflike mens, ‘n mense mens, ‘n natuurmens, ‘n trotse Swellndammens en bowenal, ‘n mens wat in ware Christendiens gewandel en omgegee het.
Ds. Thomas Joubert se gedenkdiens is DV op Donderdag, 17 Julie 2025 om 10:30 te NG Moederkerk (Voortrekstaat 11). Dit sal lewendig uitgesaai word op die volgende skakel: https://www.youtube.com/live/PO_P3833B-o?si=ui6Ttbj49QbxO_U8
Ds Joubert het in die laaste dae van 1987 in Swellendam aangekom vanaf Swartruggens. Sy vroiu, Ronel was swanger met hul dogter, Corli. Soos hy self vertel in een van sy sosiale media boodskappe, moes die egpaar egter wag vir die skole om te heropen alvorens hy bevestig kon word. Amper al die kerk se lidmate het gaan strand hou en hy is eers op 24 Januarie 1988 as predikant van Swellendam bevestig.
Die foto is geleen van Ds Joubert se sosiale mediablad, so ses of sewe maande na sy bevestiging by Corli se doop.
Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) – Ds Thomas Joubert (emeritus/Swellendam) is op 11 Julie na ‘n kort siekbed oorlede. Ons betuig ons meelewing teenoor sy eggenote Ronel, hulle kinders en kleinkinders.
NHK Swellendam & Bredasdorp – Ons harte is seer oor die afsterwe van ons geliefde ds. Thomas Joubert. Hy laat ‘n groot leemte nie net in die gemeente nie, maar ook in die breër gemeenskap. Hy was nie net die Hervormde Kerk se dominee nie, maar die hele Overberg s’n. Hy sal altyd onthou word vir sy wysheid, sin vir humor en liefde vir die natuur. Só het hy in elkeen se lewe ‘n unieke indruk gelaat wat ons sal koester. Ons bid dat die Here elkeen in hierdie tyd sal vertroos.
Hiryu Nel – Liewe Ds. Thomas Joubert,
Ek is dankbaar dat ek jou my vriend kon noem. Jy het my geleer om nie te vinnig te stap as ek bo-op die berg wil kom nie. En dat dit my nie hoef te pla as mense nie hou van hoe ek braai nie. Ek gaan jou baie mis.
Braham Van Zyl – Ons het geweet Thomas Joubert is baie siek. Tog het ons só gehoop. Thomas en Ronel was vir ‘n halwe leeftyd die leraarspaar van die Hervormde Kerk op Swellendam. En hy het maar onlangs afgetree. Daar was nog so baie drome van wat hy hy wou doen. Ander plasings wat ek hierna wil deel vertel hoe besonders Thomas vir almal met wie se paaie sy lewe gekruis het, was. Hy was by uitstek ‘n natuurmens, en het veral in bome gespesialiseer. Hy was dus vir ons by die Swellendam Bewarea ‘n groot vriend. Ja, hy was nie iemand wat jou met sy titel bedreig het nie. Hy het, saam met Ronel, tussen ons ander, sóòs ons geleef. Juis daarom dat sy plek tussen ons baie leeg sal wees.
Helena De Jager – Ons is woordeloos hartseer oor die heengaan van Ds Thomas.
Ek is oneindig dankbaar vir ons Koloniesbosuitstappie en sal dit saam met kosbare herinneringe koester.
Rus sag Ds Thomas Joubert, ons weet jy stap nou die Hemel se wandelpaaie.
SwellenGram – A huge tree in Swellendam has been felled. Thomas Joubert, beloved of all in Swellendam as its longstanding shepherd of the Reformed Church, Dendrological Society Chair, Nature Lover & hiker of esp our Langeberg, succumbed to the dreadful Creutzfeld Jacobs disease within 10 days of diagnosis. A huge tragedy for Swellendam, & our hearts go out to his family & all who loved him. There was only one Thomas Joubert in Swellendam history.
Corina le Roux – Hartseer nuus. Ronel mag HY jou en jou kinders vertroos en versterk en naby wees. Ds Thomas Joubert het my gedra na Jacques se dood, n man gehoorsaam aan SY Vader het hy hier ingestap as ek op moedverloor se vlakte was, al was ons nie in sy gemeente nie was hy die een wat my geestelik gedra en versterk het. Vir dit maar ook vir sy nederige menswees eer ek hom!!!
Bert En Lila Pienaar -Thomas Joubert is vandag oorlede. Baie hartseer. ‘n Legende… n storie opsig self….Net een…Thomas Joubert die Here se dienskneg…. dankie…

No Comment! Be the first one.